advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2011/12/12

Gesonde peuselhappies

Liewe Dietdoc,

Ek het jou raad nou so nodig oor die feesseisoen.

Die hele familie gaan bymekaar wees oor die Kersnaweek. En almal praat al klaar van al die lekker eetgoed wat hulle gaan saambring. Dis koeke en terte van A tot Z. Die versoekings maak my baie bekommerd!
Kan jy asb idees gee vir goeie, gesonde eetgoed wat ek kan maak sodat ek nie gewig optel nie. Veral peuselgoed tussen maaltye.
Iets wat lae vet, lae GI, lae kJ is.

Baie dankie Doc.
Lekker dag en ''n geseë nde feesseisoen vir jou.
Lizzy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Dankie vir jou mooi wense.
Ek het deur die jare heen al baie artikels oor gesonde Kersfees etes geskryf. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n soektog vir 'Healthy Christmas Dinner'. Wat peuselgoed aanbetref, sal dit help om 'n goeie voorraad vars vrugte beskikbaar te hê, plus lae-kJ groente soos baba tamaties, seldery, mini-worteltjies, komkommer, ens, en dit saam met vet-vrye maaskaas doopsouse te bedien. Jy kan ook springmielies bedien en maer biltong, kunsmatig versoete jellies, tuisgemaakte vrugte-ysies of sorbet (lekker koel), vrugtesappe verdun met kunsmatig versoete gaskoeldranke soos Sprite Zero of sodawater, bekers vol rooibostee en ys met peperment blare en vars aarbeie. Probeer om orals die vet in resepte uit te sny of drasties te verminder en let op dat jy nie groot porsies van enige kos behalwe vars slaaie en vars groente eet nie. Die Feestyd is wel 'n moeilike tyd vir enigeen wat probeer verslank, maar dit kan gedoen word.
Ek wens jou 'n geseënde Kersfees en 'n gelukkige, slanke Nuwe Jaar toe.
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/12/12

Beste Lizzy
Dankie vir jou mooi wense.
Ek het deur die jare heen al baie artikels oor gesonde Kersfees etes geskryf. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n soektog vir 'Healthy Christmas Dinner'. Wat peuselgoed aanbetref, sal dit help om 'n goeie voorraad vars vrugte beskikbaar te hê, plus lae-kJ groente soos baba tamaties, seldery, mini-worteltjies, komkommer, ens, en dit saam met vet-vrye maaskaas doopsouse te bedien. Jy kan ook springmielies bedien en maer biltong, kunsmatig versoete jellies, tuisgemaakte vrugte-ysies of sorbet (lekker koel), vrugtesappe verdun met kunsmatig versoete gaskoeldranke soos Sprite Zero of sodawater, bekers vol rooibostee en ys met peperment blare en vars aarbeie. Probeer om orals die vet in resepte uit te sny of drasties te verminder en let op dat jy nie groot porsies van enige kos behalwe vars slaaie en vars groente eet nie. Die Feestyd is wel 'n moeilike tyd vir enigeen wat probeer verslank, maar dit kan gedoen word.
Ek wens jou 'n geseënde Kersfees en 'n gelukkige, slanke Nuwe Jaar toe.
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.