advertisement
Question
Posted by: judy | 2012-02-24

gesonde ontbyt feedback

Hi Doc, dankie vir die antwoord oor die Milo pap. ek het vergeet om by te las dat ek n halwe glas melk saam met middag ete drink en dan n hele glas melk na aandete. dit is 2% clover melk wat ek driink. Ek probeer ook om 2 l water te drink.
Ek kon vanoggend in trane uitbars toe ek op die skaal klim en sien dat inpleks van verloor ek gewig opgetel het. ek het regtig 90% by my eetplan gebly en het vir 3 dae 3 kilometer gestap, hoe is dit dan moontlik dat ek optel? My menstruasie siklus het gisteraand begin, dus weet ek dat ek bloated is, maar 0.5kg swaarder as verlede week vrydag, ek het nie verwag dat ek meer as 0.4kg gaan verloor nie, maar het ook nie verwag om op te tel nie. Wat meer moet ek doen?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Judy
Ek is bly om te verneem dat jy wel melk inneem en dus nie 'n gebrek aan kalsium behoort te ontwikkel nie. Jy moet asseblief nie huil oor die feit dat jou gewig op die skaal nie altyd verminder nie. Dit is heel moontlik vir dames om tot 3 kg in gewig toe te neem tydens menstruasie. Dit is gewoonlik as gevolg van veranderings in die vlakke van vroulike hormone wat dan lei tot waterretensie en edeem. Wegings wat rondom en tydens menstruasie gedoen word, is meestal glad nie akkuraat nie. Jy vra wat jy nog kan doen? Wel ek sal aanraai dat jy 1) ontspan en 2) ook jou mate aanteken aangesien jy ook cm kan verloor wat dui op verlies van vet, selfs al bly jou gewig konstant. Dit is dus belangrik dat jy ophou tob oor jou gewig want hoe meer gespanne jy raak, hoe moeiliker sal jy verloor. Tydens stres maak die liggaam kortisol, 'n hormoon wat gewigstoename kan bevorder. Ontspan dus en hou rekord van jou mate. Rome is ook nie in een dag gebou nie!
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-02-25

Beste Judy
Ek is bly om te verneem dat jy wel melk inneem en dus nie 'n gebrek aan kalsium behoort te ontwikkel nie. Jy moet asseblief nie huil oor die feit dat jou gewig op die skaal nie altyd verminder nie. Dit is heel moontlik vir dames om tot 3 kg in gewig toe te neem tydens menstruasie. Dit is gewoonlik as gevolg van veranderings in die vlakke van vroulike hormone wat dan lei tot waterretensie en edeem. Wegings wat rondom en tydens menstruasie gedoen word, is meestal glad nie akkuraat nie. Jy vra wat jy nog kan doen? Wel ek sal aanraai dat jy 1) ontspan en 2) ook jou mate aanteken aangesien jy ook cm kan verloor wat dui op verlies van vet, selfs al bly jou gewig konstant. Dit is dus belangrik dat jy ophou tob oor jou gewig want hoe meer gespanne jy raak, hoe moeiliker sal jy verloor. Tydens stres maak die liggaam kortisol, 'n hormoon wat gewigstoename kan bevorder. Ontspan dus en hou rekord van jou mate. Rome is ook nie in een dag gebou nie!
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement