advertisement
Question
Posted by: Judy | 2012/02/22

gesonde ontbyt

Hi, ek probeer om gewig te verloor en wil graag weet hoe gesond is my ontbyt. Ek drink een koppie koffie met 2 sakkies equesweet, dan eet ek 80ml se lae vet jogurt en 20g se Milo Flakes net so droog. Hoe gesond is die Milo Flakes, hul se op die pak dat dit volgraan is. Ander ontbyt pappe en my sisteem kom nie oor die weg nie, dit gaan sit in my keel en dan word ek naar daarvan, dit het ek al ondervind vandat ek n klein dogtertjie was. nou op 27 is dit steeds dieselfde. Ek eet die milo pap sonder probleme, maar wil weet of dit gesond genoeg is sodat ek nog steeds gewig verloor. die res van my eetplan is 100g vrugte 3 keer in n dag, vir middag ete n noedel slaai of n toebroodjies met n protein en groente en vir aandete, sal dit nog proteine, groente en n stysel wees. ek weeg my porsies af en sal aan die einde van dei week kyk op ek wel gewig verloor het.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Judy
Indien jy oor die jare uitgevind het dat "Milo Flakes' die enigste ontbytgraan is wat jy kan eet sonder om naar te word, dan is dit aangewese dat jy die gebruik op jou verslankingsdieet. Ek het nie die presiese lys van bestanddele vir hierdie produk by my nie, maar as dit wel volgraan is en soos die meerderheid klaar-gaar ontbytgrane met verskeie vitamiene en minerale soos yster verryk is, dan behoort dit geskik te wees. Die lae-vet jogurt sal kalsium tot jou dieet bydra. Onthou tog dat volwasse vrouens 1200 mg kalsium per dag nodig het, en ek sal dus aanraai dat jy nog twee porsies vet-vrye of lae-vet jogurt, melk of maaskaas by jou dieet voeg. Gebruik bv. maaskaas of jogurt as jou proteïen by middag- of aandete, of selfs om een van jou vrugteporsies te vervang.
Ek hou duim vas dat jy mooi gewig verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/02/23

Beste Judy
Indien jy oor die jare uitgevind het dat "Milo Flakes' die enigste ontbytgraan is wat jy kan eet sonder om naar te word, dan is dit aangewese dat jy die gebruik op jou verslankingsdieet. Ek het nie die presiese lys van bestanddele vir hierdie produk by my nie, maar as dit wel volgraan is en soos die meerderheid klaar-gaar ontbytgrane met verskeie vitamiene en minerale soos yster verryk is, dan behoort dit geskik te wees. Die lae-vet jogurt sal kalsium tot jou dieet bydra. Onthou tog dat volwasse vrouens 1200 mg kalsium per dag nodig het, en ek sal dus aanraai dat jy nog twee porsies vet-vrye of lae-vet jogurt, melk of maaskaas by jou dieet voeg. Gebruik bv. maaskaas of jogurt as jou proteïen by middag- of aandete, of selfs om een van jou vrugteporsies te vervang.
Ek hou duim vas dat jy mooi gewig verloor.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement