advertisement
Question
Posted by: Adriaan | 2011-10-02

Gesonde ontbyt

Ek sal dit waardeer as u my kan raad gee oor ''n vinnige, maar voedsame en gesonde ontbyt.

Die enigste graankos, wat my nie oor twee of so ure weer honger laat voel nie is muesli, maar ''n mens raak naderhand " uitge-eet"  daaraan en wil graag iets anders ook probeer.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Adriaan
n Gesonde ontbyt wat jou nie oor 2 ure weer laat honger voel nie (m.a.w. wat nie jou bloedsuiker- en insulienvlakke oormatig stimuleer sodat dit vinnig te laag daal nie), behoort uit kosse met 'n lae glisemiese indeks (GI) te bestaan. Soos jy reg noem, is muesli 'n graankos met 'n lae GI as gevolg van die neute, droë vrugte en sojaproteïen wat bygevoeg word. Ander graankosse met 'n lae GI is hoë-vesel ontbytgrane soos All Bran, Pronutro heelgraan (maar net die oorspronklike 'original' en die “baked apple’ variasies), Jungle Oats-so-Easy (net die 'original' geur), Bokomo Up-and-Go. Instameal, Soya Life gaar pap, of stywe of krummel mieliepap wat afgekoel is (die afkoelproses help om die pap se GI te verlaag), plus melk of jogurt (vol-room, lae-vet en vet-vry). Jy kan ook 2 snye Lae-GI bruin-, saad- of rogbrood of enige ander Lae-GI brood of 4-6 Provitas met kaas, of 'n gekookte eier, of maaskaas vir ontbyt eet om langer versadig te bly. Jy kan by al hierdie ontbyte ook 'n vrug (appel, lemoen, pomelo of aarbeie) of 'n halwe glas vrugtesap voeg. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp van die GI te lees.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-10-03

Beste Adriaan
n Gesonde ontbyt wat jou nie oor 2 ure weer laat honger voel nie (m.a.w. wat nie jou bloedsuiker- en insulienvlakke oormatig stimuleer sodat dit vinnig te laag daal nie), behoort uit kosse met 'n lae glisemiese indeks (GI) te bestaan. Soos jy reg noem, is muesli 'n graankos met 'n lae GI as gevolg van die neute, droë vrugte en sojaproteïen wat bygevoeg word. Ander graankosse met 'n lae GI is hoë-vesel ontbytgrane soos All Bran, Pronutro heelgraan (maar net die oorspronklike 'original' en die “baked apple’ variasies), Jungle Oats-so-Easy (net die 'original' geur), Bokomo Up-and-Go. Instameal, Soya Life gaar pap, of stywe of krummel mieliepap wat afgekoel is (die afkoelproses help om die pap se GI te verlaag), plus melk of jogurt (vol-room, lae-vet en vet-vry). Jy kan ook 2 snye Lae-GI bruin-, saad- of rogbrood of enige ander Lae-GI brood of 4-6 Provitas met kaas, of 'n gekookte eier, of maaskaas vir ontbyt eet om langer versadig te bly. Jy kan by al hierdie ontbyte ook 'n vrug (appel, lemoen, pomelo of aarbeie) of 'n halwe glas vrugtesap voeg. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp van die GI te lees.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.