advertisement
Question
Posted by: Ruan Prinsloo | 2010/09/01

GESONDE LEWENSWYSE

Wat kan jy doen om maklik by jou dieet te bly?
Hoeveel ure uitmekaar moet ''n persoon eet?
Wat is die beste oefeninge vir gewigsverlies/gesonde leefwyse?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ruan
Om maklik by 'n gesonde dieet te bly, sal dit eerstens help as jy verseker dat jy 'n goed gebalanseerde verslankingsdieet gebruik wat al die voedselgroepe (proteïene, koolhidrate en klein hoeveelhede gesonde vette) insluit. Dit sal keer dat jy kosdrange ontwikkel en gedurig honger voel (2 faktore wat baie diëte laat kelder). Vermy dus alle fop-diëte wat een of meer voedselgroepe uitsny of te min energie insluit. Algemeen gesproke kan 'n verslanker 3 gewone maaltye gebruik (dus ongeveer 6 uur uitmekaar) of 6 kleiner maaltye elke 3 uur nuttig. Die beste oefening om jou metabolisme te stimuleer is sg. aërobiese oefening wat flink stap, hardloop, fietsry, touspring, en roei insluit. Oefeninge met gewigte aan die ander kant, help om spiere te bou en jou liggaam te fatsoeneer. Lê dus klem op die aërobiese oefeninge en doen dit vir ten minste 30 min per dag.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: anine | 2010/09/02

Ek wil graag weet watter eetplan is geskik vir ''n oorgewig seun van 14 jaar.

Reply to anine
Posted by: DietDoc | 2010/09/02

Beste Ruan
Om maklik by 'n gesonde dieet te bly, sal dit eerstens help as jy verseker dat jy 'n goed gebalanseerde verslankingsdieet gebruik wat al die voedselgroepe (proteïene, koolhidrate en klein hoeveelhede gesonde vette) insluit. Dit sal keer dat jy kosdrange ontwikkel en gedurig honger voel (2 faktore wat baie diëte laat kelder). Vermy dus alle fop-diëte wat een of meer voedselgroepe uitsny of te min energie insluit. Algemeen gesproke kan 'n verslanker 3 gewone maaltye gebruik (dus ongeveer 6 uur uitmekaar) of 6 kleiner maaltye elke 3 uur nuttig. Die beste oefening om jou metabolisme te stimuleer is sg. aërobiese oefening wat flink stap, hardloop, fietsry, touspring, en roei insluit. Oefeninge met gewigte aan die ander kant, help om spiere te bou en jou liggaam te fatsoeneer. Lê dus klem op die aërobiese oefeninge en doen dit vir ten minste 30 min per dag.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.