advertisement
Question
Posted by: Vrystater | 2006/08/28

Q.

Gesonde kits kos

Ek is enkellopend, met die gevolg dat daar uit die aard van die saak nie so baie moeite gedoen, word as dit by kosmaak kom nie. Derhalwe het ek net so een of twee vrae:
- Hoe gesond is die gevriesde groentes, wat 'n mens net vinnig in die mikrogolf kan gaarmaak?
- Enige ander voorstelle van gesonde kos, wat vinnig aanmekaar geslaan kan word?

Dankie

Expert's Reply

A.

Expert ImageDietDoc

Beste Vrystater
Bevrore groente is heel aanvaarbaar as 'n goeie alternatief as mens nie vars groente wil voorberei en kook nie. Verder is daar deesdae so baie goeie-waarde kitskosse op die mark beskikbaar - dink net - kitsontbytgraan, vrugtesap, jogurt, en heel maaltye (kyk by Woolworths en Pick 'n Pay se Food Hall), jy kan selfs vrugteslaai vir nagereg koop.
Geniet dit
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement