advertisement
Question
Posted by: rooikop | 2010/08/20

gesonde eetplan??

hi doc ek is tans ''n huisvrou en n ma van 2 kleuters, een van 14 maande en ander een van 4 jaar. ek is baie oorgewig en moet iets soos 50kg verloor maar die kinders is mooi op gewig eintlik onder maar dr is glad nie bekommerd nie. my probleem is hulle eet tans baie sleg, ek is een van daai mammas wat nie soetgoed en chippies heeltyd gee nie. soms kry hul dit net een keer ''n week. eendag eet hul mooi en volgende dag wil hul niks eet nie. ek wil weet wat moet ek vir hulle gee wat gesond is en hul imuunstelsel opbou. eintlik wil ek weet op watter tipe eetplan kan ons gaan sodat ek kan gewig verloor en hulle gesond kan eet maar dat ons dieselfde goed eet. ek het nie tyd om verskillende kos te maak nie. al twee hou van groente. dis vir my baie belangrik dat hul gesond eet en nie oorgewig word soos ek nie maar ek moet verloor. dis vir my baie belangrik.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Rooikop
Jy het beslis die regte houding dat jy nie vir jou 2 kinders toelaat om gedurig skyfies en lekkergoed te eet nie. Kinders kan nogal wispelturig wees en een dag goed eet, en die volgende dag net peusel aan kos. So lank as wat hulle oor die algemeen gesonde kos eet en nie gedurig siek word nie (wat sou dui op swak immuniteit), behoort ouers nie hulself te bekommer nie. Sodra jy klem lê op hul eetgewoontes, sal hulle agterkom dat dit 'n manier is om jou te beheer (kinders is uitstekende manipuleerders!). Die gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet op hierdie Webwerf behoort vir julle almal toe te laat om gesond te eet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'). Sorg net dat die kleuter van 14 maande nog volroom melk en jogurt eet/drink, want dit word aanbeveel dat kinders onder die ouderdom van 2 jaar nog nie afgeroomde suiwelprodukte behoort te gebruik nie. Om gewig te verloor, moet jy hou by die porsiegroottes soos aangedui, maar die kinders en jou man kan groter porsies van die voorgestelde kosse eet. Indien moontlik, en ek weet dis nie maklik as jy 2 klein kinders het nie, moet jy probeer om elke dag oefening te doen. Jy kan bv. met die kinders gaan stap (sit die klein kleuter in 'n stootwaentjie) vir ongeveer 30 minute per dag. Soos jy gewig verloor en fikser word kan julle verder of vinniger stap. Fietsry, touspring en swem is ook goeie opsies.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: rooikop | 2010/08/20

dr ek sukkel reeds met hul imuuniteit. hulle was die hele winter siek en dr se sy dink dis omdat hulle sleg eet.

Reply to rooikop
Posted by: DietDoc | 2010/08/20

Beste Rooikop
Jy het beslis die regte houding dat jy nie vir jou 2 kinders toelaat om gedurig skyfies en lekkergoed te eet nie. Kinders kan nogal wispelturig wees en een dag goed eet, en die volgende dag net peusel aan kos. So lank as wat hulle oor die algemeen gesonde kos eet en nie gedurig siek word nie (wat sou dui op swak immuniteit), behoort ouers nie hulself te bekommer nie. Sodra jy klem lê op hul eetgewoontes, sal hulle agterkom dat dit 'n manier is om jou te beheer (kinders is uitstekende manipuleerders!). Die gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet op hierdie Webwerf behoort vir julle almal toe te laat om gesond te eet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'). Sorg net dat die kleuter van 14 maande nog volroom melk en jogurt eet/drink, want dit word aanbeveel dat kinders onder die ouderdom van 2 jaar nog nie afgeroomde suiwelprodukte behoort te gebruik nie. Om gewig te verloor, moet jy hou by die porsiegroottes soos aangedui, maar die kinders en jou man kan groter porsies van die voorgestelde kosse eet. Indien moontlik, en ek weet dis nie maklik as jy 2 klein kinders het nie, moet jy probeer om elke dag oefening te doen. Jy kan bv. met die kinders gaan stap (sit die klein kleuter in 'n stootwaentjie) vir ongeveer 30 minute per dag. Soos jy gewig verloor en fikser word kan julle verder of vinniger stap. Fietsry, touspring en swem is ook goeie opsies.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.