advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2009-05-17

Gesond eet tydens swangerskap

Hallo Dok,

Dok, ek is swanger. Ek wil so gesond as moontlik probeer wees tydens my swangerskap. Ek glo nie aan die ' storie'  eet vir twee nie. Ek wil ook nie te min inneem nie. Enige advies?

Baie dankie,

Nadia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nadia
Dis darem lekker om 'n slag weer 'n vraag te ontvang van iemand met 'n regte naam, en nie net van ene "Anonymous". Baie geluk met jou swangerskap, jy is seker baie bly. Dit is uiters verstandig om nie 'vir 2 te eet nie', maar om wel te konsentreer op gesonde kosse wat ryk is aan voedingstowwe wat jou en die baba beskerm soos vitamiene en minerale, veral kalsium en yster, en wat nodig is vir groei, soos proteïene. Daar is 'n hele afdeling op die “DietDoc site” oor ‘Swangerskap en Borsvoeding’. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Eating throughout life' en 'Pregnancy' om al die artikels te lees wat ek oor swangerskapsdiëte geskryf het. Mits jy voel dat jy addisionele raad nodig het, behoort jy 'n kliniese dieetkundige te konsulteer. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif uitwerk wat sal sorg dat jy en die baba gesond bly en dat jy nie te veel gewig optel nie.
Geniet jou swangerskap!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement