advertisement
Question
Posted by: Rista | 2010/08/16

Gesinsbeplanning

Ek is tans 27 jaar oud. Ek en my man wil vroeg volgende jaar met ''n gesin begin. Ek was vir 8 jaar op die Pil, maar gebruik dit al sedert Mei 2010 nie meer nie aangesien dit baie probleme veroorsaak het (deurbraak bloeding, maagpyn, ens.). Ons gebruik tans kondome.

Ek sal graag wil weet of daar enige vooraf dinge/veranderinge is wat ek moet doen voordat ons " begin probeer"  (aanvullings, dieet, ens.).

Ek wil ook weet of ek voor die tyd moet gaan vir ''n ondersoek en indien wel, hoe lank voor die tyd? Kan ek na my huisdokter toe gaan of is dit noodsaaklik om na my ginekoloog toe te gaan? Ek is baie ver van my ginekoloog af (ongeveer 600km). Wat word alles getoets by so ''n ondersoek?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Rista
Jy kan na jou huisdokter gaan so maand voor die tyd. Mens moet kyk of jou ystervlakke hoog genoeg is, of jy antiliggame het teen duitse masels en geen onderliggende infeksies/mediese toestande het nie. Jy kan 'n goeie multivitamien aanvulling gebruik en net gesond eet. Vermy rook en alkohol en onnodige medisyne wanneer julle begin ophou kondome gebruik.
Sien ook http://familydoctor.org/online/famdocen/home/women/pregnancy/basics/076.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/16

Hallo Rista
Jy kan na jou huisdokter gaan so maand voor die tyd. Mens moet kyk of jou ystervlakke hoog genoeg is, of jy antiliggame het teen duitse masels en geen onderliggende infeksies/mediese toestande het nie. Jy kan 'n goeie multivitamien aanvulling gebruik en net gesond eet. Vermy rook en alkohol en onnodige medisyne wanneer julle begin ophou kondome gebruik.
Sien ook http://familydoctor.org/online/famdocen/home/women/pregnancy/basics/076.html
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement