advertisement
Question
Posted by: Rika | 2010/03/23

GEREELDE URINERING

My dogtertjie (8) was op 2 reekse antibiotika weens urineweginfeksie. Na die antibiotika het urine toets " skoon"  gewys, maar my dogtertjie het aanhoudend geurineer. Uroloog het ''n " scope"  gedoen en niks fout gevind nie behalwe dat die gaatjie waar die urine uitkom half " toegegroei het" . Hoe is dit moontlik? Hy se hy het dit " oopgemaak" . Kan dit weer " toegroei" ? Uroloog se dit was moontlik die probleem wees dat sy kort-kort toilet toe wou gaan omdat van die urine " teruggegaan"  het. Nadat my dogtertjie toilet toe was, het dit aanhou drup. Na 5 dae tuis wat sy OK, maar vanoggend toe sy skool toe gaan, het sy weer gereeld begin toilet toe gaan. Sy se by die skool het sy 8 keer gegaan. (Darem bietjie minder as voor die scope en dit drup ook nie meer nie.) Sy is van nature nie nie gespanne kind nie. Kan dit sielkundig van aard wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rika

Dit kan sielkundig van aard wees, maar struktuele abnormaliteite van die vesiko ureteuriese klep (klep tussen blaas en urine pyp) kom wel voor. Soms is daar geen verduideliking vir die probleem nie en die oplossing sal dan wees 'n sistoskopie met verwydering van die klep. Dit neem gewoonlik 'n paar maande voor die frekwensie van urine normaal terug keer.

Jy kan 'n psigiater konsulteer, maar as daar geen psigologiese oorsprong is nie en die probleem persisteer, moet jy die uroloog vir 'n moontlike herhaling van die sistoskopie.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement