advertisement
Question
Posted by: Alet | 2012/08/02

Geirriteerde oë 

Beste Dr

Ek woon op die oomblik in Ghana (Wes-Afrika). Ek het SA onlangs besoek op vakansie en het daar ''n ooginfeksie opgedoen. Ek het twee weke gelede een oggend wakker geword en my linkeroog was " toegeplak"  a.g.v. geel uitskeiding in die nag. Dieselfde dag het ''n dokter Spersadex Comp voorgeskryf en ek het dit begin gebruik. Die apteker het gewaarsku dat ek dit nie langer as 4 dae moet gebruik nie omdat ek toe ongeveer 16 weke swanger was. Intussen het die infeksie na my ander oog toe ook versprei. Alhoewel die geel uitskeiding gestop het is my oë  nogsteeds geirriteerd (dis nou 2 weke later). Ek het na 4 dae die Spersadex Comp ophou gebruik en het laas Saterdag oorgeskakel na Ciloxin (oogdruppels). Dit het nie veel gehelp nie. My simptome is op die oomblik branderige oë  wat ek aanhoudend moet knip. Soms kom daar bietjie trane ook uit. My oë  is ook nou sensitief vir lig. Ek is ''n -|- aklens-gebruiker maar gebruik nou al vir 2 weke nie my -|- aklense nie (ek het my ou paar weggegooi). Ek kan ook nie grimering gebruik nie a.g.v. die aanhoudende geknip en trane nie.

My eintlike vraag is of u dink dat die ooginfeksie dalk kon gelei het na baie droë  oë  en dat ek nou eerder my oë  vir droogheid moet behandel? Ek het intussen opgehou met die Ciloxin (na so 3 dae) omdat dit erg brand as ek dit ingooi. Ek''s nou al bietjie radeloos. Help asb!

(Ek lees ook dat swangerskap droë  oë  kan veroorsaak? Ek het normaalweg nie probleme met droë  oë  in Ghana nie want die lug is baie vogtig hier.)

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Alet

Ja, jy is reg dat swangerskap droogheid van die oe kan veroorsaak, maar ek stel voor dat jy Tears Naturale oogdruppels, twee tot vier uurliks gebruik om jou simptome te verlig. Dit is veilig om gedurende swangerskap kan gebruik. Dit is moontlik dat jy steeds infeksie het en ek stel daarom voor dat jy 'n dokter vir 'n ondersoek konsulteer om vas te stel of jy nog 'n kursus antibiotika nodig het.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement