advertisement
Question
Posted by: Jan | 2010/01/20

Gehoorprobleme

Ek bly op die platteland en was nou al by verskeie dokters met verskillende behandellings vir my situasie. In kort my probleem is dat dit voel of my regteroor altyd vol vog is (inderwaarheid het ek al in die nag agtergekom dat vog uit die oor loop), my linkeroor voel geblok (of hy toe is), my neus (was gebreek as jong seun) voel ook gedurig half toe en as ek lang engte stap is my balans ook nie wat dit moet wees nie , dit voel aanmekaar asof ek oor my voete struikel. Ook is daar ‘ n aanmekaar suising in albei my ore, die regteroor meer as die linkeroor. Natuurlik is my gehoor glad nie goed nie. As ek met my pinkie in ' n oor wikkel voel dit asof die oor vir ' n wyle oopgaan. Ek is 60.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jan
Ek dink jy behoort 'n gehoortoets te kry en 'n oor neus en keel spesialis te sien. Jy het waarskynlik dik taai slym in jou middeloor (wat mens nie van buite af kan sien nie - hulle toets dit met 'n spesiale meter) Dis baie keer nodig om 'n gaatjie in die oordrom met 'n pypie in te sit ( hulle noem dit 'n gromet) om die slym te dreineer en die binneoor lug te gee. Vra jou dokter om jou te verwys na 'n spesialis in naburige dorp.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Johan | 2010/01/20

Jan,
Jy moet maar ' n apteker vra vir iets. My een oor was ook toe en gevoel of dit vol vog is. Het druppels by apteker gekry. Ongelukkig die naam vergeet. Dit ruik soos parafien. Ek het die hele botteltjie opgebruik en het gedink dit het nie gehelp nie. was ook bietjie doof en gesuis en toe eendag na ' n " klap"  geluid is my oor oop en hoor ek weer lekker.
Groete

Reply to Johan
Posted by: cyberdoc | 2010/01/20

Hallo Jan
Ek dink jy behoort 'n gehoortoets te kry en 'n oor neus en keel spesialis te sien. Jy het waarskynlik dik taai slym in jou middeloor (wat mens nie van buite af kan sien nie - hulle toets dit met 'n spesiale meter) Dis baie keer nodig om 'n gaatjie in die oordrom met 'n pypie in te sit ( hulle noem dit 'n gromet) om die slym te dreineer en die binneoor lug te gee. Vra jou dokter om jou te verwys na 'n spesialis in naburige dorp.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement