advertisement
Question
Posted by: Antoinette | 2010/10/25

Geen Vleis

Hallo Dr,

My seuntjie van 4jaar wil glad nie vleis eet nie, hy is mal oor sy groente en vrugte maar dit is al. Wat moet ek vir hom gee om seker te maak dat hy genoeg protiene inkry? Hy is lief vir eiers maar ek voel mens eet tog nie groente saam met eiers nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Antoinette
Kleuters soos jou seuntjie van 4 jaar ontwikkel dikwels verbygaande voedselvoorkeure en -afkeure. Melk, kaas, jogurt en maaskaas tesame met die eiers is uitstekende bronne van baie hoë kwaliteit proteïne. Maak seker dat hy elke dag 2 koppies melk en 1 porsie jogurt of kaas inneem - dit sal hom van genoeg hoë kwaliteit proteïene voorsien. Daarbenewens kan jy ook probeer om te sien of jou seuntjie sal vis eet (ook 'n wonderlike bron van proteïene). Plantaardige bronne van proteïene sluit in droë, gaar of ingemaakte peulgroente (bone, erte, lensies en soja). Bedien groente en slaai saam met 'n kaasdis soos macaroni-kaas of maak lensie-krokette om in die plek van vleis te bedien. Die hele familie sal baat as jy elke 2de dag vis of 'n vleislose hoofgereg bedien aangesien hierdie kosse 'n laer vet, cholesterol en versadigde vetinhoud het. Jou seuntjie sal waarskynlik mettertyd weer begin om vleis te eet.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/26

Beste Antoinette
Kleuters soos jou seuntjie van 4 jaar ontwikkel dikwels verbygaande voedselvoorkeure en -afkeure. Melk, kaas, jogurt en maaskaas tesame met die eiers is uitstekende bronne van baie hoë kwaliteit proteïne. Maak seker dat hy elke dag 2 koppies melk en 1 porsie jogurt of kaas inneem - dit sal hom van genoeg hoë kwaliteit proteïene voorsien. Daarbenewens kan jy ook probeer om te sien of jou seuntjie sal vis eet (ook 'n wonderlike bron van proteïene). Plantaardige bronne van proteïene sluit in droë, gaar of ingemaakte peulgroente (bone, erte, lensies en soja). Bedien groente en slaai saam met 'n kaasdis soos macaroni-kaas of maak lensie-krokette om in die plek van vleis te bedien. Die hele familie sal baat as jy elke 2de dag vis of 'n vleislose hoofgereg bedien aangesien hierdie kosse 'n laer vet, cholesterol en versadigde vetinhoud het. Jou seuntjie sal waarskynlik mettertyd weer begin om vleis te eet.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.