advertisement
Question
Posted by: Sanra | 2008/11/25

GEEN ENERGIE!!

Hi dok, is daar dalk ' n pil /stroop op die mark wat ek letterlik kan drink as ek wakker word, sodat dit my binne 15min letterlik uit die bed uit kan laat opspring!! Ek is soooo moeg en lusteloos, ek is boonop depresief en wil net huil. Ek is nie te erg oorgewig nie, maar dinge werk net glad nie nou vir my uit dat ek gym nie, ek het Jun ' n jaar se gym gestaak en van daar af is dit net afdraand vir my. Asb u raad word opreg waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sanra
Jy wil nou 'n pleister op 'n abses plak! Jy noem sommer 'n paar simptome depressie, moeg, lusteloos - jy moet bloedtoetse kry om anemie en onderaktiewe skildklier en lae esterogeen vlakke uit te skakel, jy het dalk 'n antidepressant nodig, en jy moet oefen - al is dit net loop om die blok vir 20 minute elke dag. Moenie 'n dag langer sukkel nie, opkikkers soos red bull etc sal jou dalk 'n vinnige hupstoot gee maar gaan oor die lang duur jou slaap kwaliteit erg negatief beinvloed en die probleem net erger maak
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement