advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2008/11/25

Geelsig/Hipetites

Hi Dok,

Dok, my man het so 5 jaar gelede geelsig/hipetites gekry. Dit kom nog elke jaar terug. Is daar dalk ' n spesifieke dieet of sekere kosse wat hy moet uitsny of definitief moet inkry om te help met sy ' verswakte'  lewer. Die meisie by die apteek het voorgestel dat hy elke dag 1 x essential drink vir sy lewer... enige advies is welkom. O ja, hy rook en drink glad nie alkohol nie.

Baie dankie
Nadia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nadia
Ek vertrou dat jou man weer sy geneesheer raadpleeg as die geelsug en hepatitis terugkeer, want dit is essensieel dat hy die korrekte mediese behandeling kry om die toestand onder beheer te hou. As hy nog nie weer die dr gesien het nie, dan moet hy dit asb dadelik doen om erge lewerskade te vermy. Ek stem saam dat dit 'n goeie idee is om Essentiale te gebruik om die lewer te help. Geelsug en hepatitis noodsaak dat mens 'n lae-vet dieet moet gebruik wat ryk is aan beskermende voedingstowwe. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n soektog met "Diet and Gallbladder Disease” om op te lees oor lae-vet diëte wat kan help om jou man se vetinname te verlaag. Hy behoort ook sy waterinname matig te verhoog (hy kan 4 koppies "Game" drink, wat 2x meer as gewoonlik verdun is - gebruik yskoue water om naarheid te voorkom) en kosse eet wat beskermende voedsels soos vrugte en groente, vet-vrye melk en jogurt en wit vis (rooster of stoom die vis).
Sterkte vir albei van julle
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement