advertisement
Question
Posted by: Daantjie | 2012/07/16

Gedroogde mango

Ek het die laaste 2 tot 3 weke groot hoeveelhede gedroogde mango geë et en onlangs ontdek dat my uriensuur baie gestyg het. Is die mango die sondaar? Ek probeer ''n dieet volg wat beide cholesterol- en suurvry is.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Daantjie
Dit is ongelukkig die nuutste bevinding op die gebied van jig, nl dat fruktose, die suiker wat veral in vrugtesappe, soet vrugte, droë vrugte en sekere kosse (gewoonlik kosse wat vir diabete bedoel is), bydra tot die vorming van uriensuur en dus jig vererger. As 'n persoon aan jig ly, dan is dit nodig om sg. 'puriene' uit te sny. Puriene is chemiese stowwe wat voorkom in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook dan 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn en vrugtesappe en dan ook fruktose uit te sny, as mens aan jig ly.
Wees dus versigtig as jy droë vrugte eet, aangesien dit baie gekonsentreerd is omdat dit gedroog is.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/07/17

Beste Daantjie
Dit is ongelukkig die nuutste bevinding op die gebied van jig, nl dat fruktose, die suiker wat veral in vrugtesappe, soet vrugte, droë vrugte en sekere kosse (gewoonlik kosse wat vir diabete bedoel is), bydra tot die vorming van uriensuur en dus jig vererger. As 'n persoon aan jig ly, dan is dit nodig om sg. 'puriene' uit te sny. Puriene is chemiese stowwe wat voorkom in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook dan 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn en vrugtesappe en dan ook fruktose uit te sny, as mens aan jig ly.
Wees dus versigtig as jy droë vrugte eet, aangesien dit baie gekonsentreerd is omdat dit gedroog is.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.