advertisement
Question
Posted by: Sheenah | 2010/08/20

Gebruik van Vicks in neus..?

Dr..
Ek is vroulik en " purr"  (vrouens snork mos nie) wanneer soms..ek het probeer uitvind waarom en agter gekom dat my neus tog nie heeltemal oop is nie al kan ek daar deur asem haal..
Ek het toe vicks met ''n oorpluisie in my neus begin sit voordat ek gaan slaap en dan " purr"  ek nie..!
Nou wil ek net hoor of die vicks nadelig sal wees as ek dit elke aand in my neus sit..?
Kan dit my neus vliese uit droog..?
Dit werk nie goed as ek dit net voor my neus smeer nie..
Ek gebruik wel sinus medikasie MAAR dit maak nie my neus goed oop nie..
Het ook die inspuiting (ken nie die naam nie) gekry wat veronderstel is om 6 weke in jou liggaam te bly en jou neus oop te hou..werk nie vir my nie..!
Verder spuit ek ook af en toe my neus en die spuite wat jy net 1x ''n dag gebruik werk ook nie..?
Ek drink ook die SINUTAB ALLERGY..wat al is wat goed werk..
Het ook al probeer om daagliks Allergex te drink..
Dankie vir die terugvoer en lees van my brief..
lekker dag en naweek..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sheenah

Ek sien geen probleem met die gebruik van Vicks rub nie. Langdurige gebruik kan wel irritasie van die vel en neus slymvliese veroorsaak. Wees versigtig en indien daar enige probleme is, moet jy jou dokter raadpleeg.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement