advertisement
Question
Posted by: Pam | 2008/07/04

Gebreekte elmboog

My elmboog is gebreek (die "radial head") maar niks het geskuif nie en 'n operasie is nie nodig nie. Ek het arm oefeninge gekry wat my Dr gesê het ek gereeld moet doen elke dag om my armspiere te oefen (dit was nadat my arm vir 1 week in gips was. Blykbaar moet jy dan jou arm oefen om te voorkom dat hy "styf" en krom bly. Dis nou al amper 5 weke sedert my ongeluk en alhoewel ek my arm gereeld oefen kan hy nie reguit nie, ek kan hom wel al terug buig en my vingers se swelling het heeltemal weg gegaan, maar dit pla my dat my arm nie wil reguit nie. My bo arm spiere trek so styf dat dit onmoontlik is vir my om dit reguit te maak. Sal my arm nou altyd so krom bly? Dit was blykbaar 'n eenvoudige breuk. Is dit normaal dat ek my arm nog nie reguit kan maak nie? Daar is ook nog redelik swelling rondom my elmboog, is dit dalk die rede hoekom hy nie wil reguit nie? Sal dit help as ek my arm reguit "dwing" want my Dr het gesê ek moet hom net oefen tot waar hy kan gaan. My arm is ook baie dunner as die ander een, sal dit regkom? Ek het nie 'n medies nie en kan nie elke keer Dr toe gaan nie. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Pam
"n Breuk neem gewoonlik so 6 weke om reg te kom, maar dit wissel van mens to mens en ook die tipe breuk en waar dit is. Moenie jou arm dwing nie, jy sal hom dalk net seermaak en dan neem dit langer om reg te kom. Onthou, daar is spieraanhegtings wat ook aan die radiale kop vas is, en dit is dus belangrik om voort te gaan met die oefeninge. Probeer ook yspakke op die swelsel sit. Die feit dat jou arm dunner is, beteken dat die spiere so 'n bietjie weggekwyn het van die onbruik daarvan- dit sal weer regkom as jy jou arm ten volle gebruik. Wees so 'n bietjie geduldig, maar as dit binne die volgende maand nog pla, sien weer jou dokter.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: sandy | 2008/07/18

Hi Pam,
Ek het ook my elmboog gebreek, 20 jaar terug. Ek' s nou 35. Het amper ' n jaar fisio gehad . En myne kan nog steeds nie reguit nie en is ook nou nog dunner as die ander arm..

Reply to sandy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement