advertisement
Question
Posted by: Spikkel | 2008/06/23

Gebreekte elmboog

My elmboog is gebreek en was die eerste week en 4 dae in gips gewees en nou moet hy in 'n hangverband bly vir nog omtrent 4-5 weke. My Dr het vir my gesê dis belangrik dat ek my arm oefen. Die oefening wat hy gegee het is dat ek my voorarm (soos wat hy in die hangverband in 'n "L" vorm lê) weg en na my toe draai om die spiere te oefen. So dis 'n "heen en weer" oefening sonder om my arm van my lyf af weg te neem. Ek doen dit elke dag, maar ek wil net weet of dit genoeg is. Is daar ander oefeninge wat ek kan doen? Op die internet het ek gesien "extension" van die arm is ook nodig maar ek wil dit nie doen as dit dalk my arm van voor af seer sal maak nie en wil graag 'n dr se opinie hoor. Ek wil nie my arm probeer reguit maak as ek nie moet nie. Ek het nie 'n medies nie so kan nie elke keer na my dr toe gaan nie. Wanneer moet ek weer x-trale laat neem? Dan is daar ook iets anders: die spiere in my arm is ongelooflik seer, 'n tipe brand en lam gevoel in een. Die spiere is ook baie styf. Is dit normaal dat my spiere so seer is? Dis letterlik die spiere van my duim af tot bo in my nek. Is daar iets wat ek by die apteek kan kry daarvoor sonder 'n voorskrif want dit brand so erg teen die einde van 'n dag dat ek sukkel om te slaap. Soos 'n spierverslapper wat vir pyn ook help? En dan sal ek ook graag wil weet hoe lank dit vat voor die pyn in my elmboog self sal begin beter raak? Ek weet wel dat dit 2 maande vat om aan te groei, maar die pyn self? En mag ek my arm al so af en toe uit die hangverband haal? Jammer oor al die baie vrae maar ek sal u raad baie waardeer. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Spikkel
Dit is baie moeilik vir my om jou vrae te beantwoord want dit gaan afhang van waar die breuk is en hoe die breuk lyk en of dit die gewrig betrek. Dit is belangrik dat jy met die dokter wat jou behandel praat en hoor wat jy mag en nie mag doen nie. Ek is ook bekommerd oor die brand gevoel wat jy beskryf, want dit kan 'n teken wees dat die breuk 'n senuwee beskadig het. As jy nie allergies vir enige medikasie is nie, nie maagsere of diabetes het nie, kan jy iets soos Myprodol of die generies daarvan gebruik vir die pyn.
Bel asb die dokter en gesels met hom?
Groete
Dr BEts

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: matriach du preez | 2013/03/21

hello, my sussie het haar elmboog gebreek gister, sy kan nie haar duim oplug nie, wel ek en my ouers is opsoek na 'n oefening wat sy kan doen sy is 10 jaar oud en haar naam is neischa so as einge iemand ons net kan help en se watse tipe oefeing die gebreekte oefening by is by die regtekant. dankie!!!

Reply to matriach du preez
Posted by: ME | 2008/06/23

My elmboog was ook gebreek. Dit het nie op die x-strale gewys nie. Ek het toe 'n scan laat doen en so is die breek toe opgespoor. Dit was baie seer.Die elboog in gips vir 6 weke en toe die gips afgehaal was ,was my arm heeltemal krom.Ek moes vir langer as 'n jaar fisioterapie kry. Die ortopeed het my teater toe geneem on 'n operasie te doen maar het na narkose gesien my arm is maklik beweegbaar.Ek moes 3 keer per week gaan vir pynlike fisio.My arm het darem na al die pyn heeltemal herstel.Ek was bevrees ek sal vir die res van my lewe met 'n krom arm sit.Ek wil jou nie bangpraat nie en se nie dieselfde sal met jou gebeur nie,dit hang seker af waar presies die breuk plaasgevind het.My arm was net in die begin seer en tydens oefening.Miskien moet jy maar weer terug na die dokter gaan oor die pyn en die brandgevoel want dis nie normaal nie.

Reply to ME

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement