advertisement
Question
Posted by: Desperate Moeder | 2008/11/03

Geboorte op 35 weke

Eks nou 35 weke swanger, en my Dr is baie bekommered oor my vrugwater, daar is bitter min oor, maar die bloed vloei is nog goed. My kyser is reeds geboek vir op 38 weke. Wat is die kanse dat my baba dit dalk nie kan maak nie as gevolg van die verminderde vrugwater, en as sy nog vroer gebore moet word?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Hallo Desperate Moeder
Jou dokter sal jou nou fyn dophou en dadelik se indien 'n keisersnit nodig is, maar dis heel moontlik nie nodig nie. 35 weke is reeds 'n goeie grootte en dis boonop 'n dogtertjie so die kansie is goed dat sy waarskynlik goed sal doen.
Groete
Welma

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/12/05

Hallo Ek wil net weet. Ek is al van Donderdagaand af in pyn en ek is 35 weke swanger. My vrugwater is nog genoeg volgens dokter en ek het geen infeksie nie. Ek is in die hospital en ek pyn nog vreeslik baie. Ek het al pyn medikasie gekry, maar niks help om die pyn weg te vat nie. Die pynne is voor en agter. My boude is seer van knyp. My seuntjie is op 36 weke gebore met 'n c-section en hy was en is nog steeds normaal. groete

Reply to Anonymous
Posted by: Zanne | 2008/11/13

My meisie kind was op 35 weke gebore sy is heeltemal gesond vandag al was dit ' n baie rowwetyd in ons lewe.

Een ding wat jy moet onthou is om as jy enigsins voel iets is nie reg nie MOET jy dadelik jou gynea -|- ak. Moeders instinkte red baie baba' s as ons net vir hulle luister. My baba siou moontlik nie vandag hier gewees het as dit nie vir die liewe Heer en instinkte was nie.

As jy meer inligting en raad nodig het stuur ' n email aan preemies for africa

Reply to Zanne
Posted by: Nes | 2008/11/13

Ontspan! Jou dokter sal mooi na jou kyk. Albei my kinders is vroeg gebore en hulle is nou al onderskeidelik 1 &  2 jaar oud sonder enige probleme. Eerste een is op 32 weke en 2de een op 34 weke gebore. Die mediese sorg is baie goed vir vroeggebore babas! Sterkte!!

Reply to Nes

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement