advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2010/02/01

Gastroskopie beplan vir Barret' s

Hi Doc,

Ek het vandag my datum gekry vir die opvolg Gastroskopie om Barret' s te monitor - 19 Feb. Ek drink nou al vir 3 maande die Altosec in die oggende en aande, maar dit voel nie asof dit help nie. Ek het permanent ' n branderigheid in my keel en my stem is hees met tye (veral as ek baie praat en dit kan ek goed doen).

Ek doen al ' n klomp goed reg (het al baie gelees daaroor) soos slaap op 2 kussings en moenie na 7 in die aand eet nie, drink net water en ek eet bitter min en klein etetjies gedurende die dag en ek is nie oorgewig nie. Wat kan ek nog doen?

Die Manopatrie wat hulle Nov. 2009 was normaal - is dit darem ' n goeie teken dat ek nog nie ' n kandidaat vir operasie is nie? (Ek het Barret' s a.g.v. LES disfunksie).

Dankie :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Ek dink jy doen als reg wat jy moet doen. Jy hoef nie geopereer te word nie, tensy mediese behandeling nie help nie, en die skade in die slukderm met gastroskopie lyk of dit vererger. Het jy al probeer om bietjie Gaviscon na etes te neem en voor jy gaan slaap? ( ek weet dis vrek sleg...)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/02/01

Hallo Cornel
Ek dink jy doen als reg wat jy moet doen. Jy hoef nie geopereer te word nie, tensy mediese behandeling nie help nie, en die skade in die slukderm met gastroskopie lyk of dit vererger. Het jy al probeer om bietjie Gaviscon na etes te neem en voor jy gaan slaap? ( ek weet dis vrek sleg...)
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement