advertisement
Question
Posted by: Latitia | 2011/09/29

GASTRITIS

Ek het so paar jaar terug ''n pyn gekry (onder my borste) as ek nou moet raai - my bo-maag (as daar so iets is. Ek het een pyn die een jaar gekry en toe weer een die volgende jaar. daarna het het meer en meer gekom. Dit was later so erg ek het gedink ek kry ''n hartaanval. Pyn, kry nie asem nie, sweet loop my af. Dit hou vir s 20 - 40 minute. Ek gaan dok toe, kry maagseer pille. Seker so jaar op die pille, geen verbetering. gaan na ander dok toe. gaan sluk die kamera. Galsteen, my galblaas is laas jaar april uitgehaal. ''n dag na die op, dieselfde pyn ! Spesialis dink ek is mal. ''n maand later gaan ek sommer self hosp toe, dit voel of ek doodgaan. al wat ''n toets is wys normaal. daars niks fout met my nie. Kry ''n ander dok. gaan vir ''n ERCP. geen verbetering ! kry nogsteeds die pyn ! is dit gastrites ? wat is die simptome ? As ek die pyn kry, gooi ek partymaal op en kry verligting. Anders wag en maar tot dit oorgaan. Ek drink nou tans LP299V, Librax en Altosec. dit bring ietwat verligting maar nie eintlik nie. Ek drink dit al vir 3 maande elke dag, en dis flippen duur !
Het jy iets ?

Groete,
Latitia

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Latitia

In die lig daarvan dat jou simptome oor so 'n lang periode aankom, moet jy al raadop wees. Ek stel voor dat jy jou simptome van voor af laat ondersoek, deur middel van 'n gastroskopie en barium maal. Hierdie toetse kan deur 'n gastroenteroloog gedoen word.

Terugvoering sal waardeer word.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement