advertisement
Question
Posted by: Liza-mari | 2011-11-02

gastriese churigie

Hi ek is 19 jaar oud ek weeg 147kg en ek sukkel om gewig te verloor ek oorweeg dit om vir die operasie te gaan. wat is die nagevolge en kan ek na die operasie swanger word? en lig my meer in van die operasie wat behels dit als hoe moet dit gemonitor word hoe lank na dit gaan ek begin gewig verloor?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liza-Mari
Bariatriese chirurgie is wel 'n opsie vir mense wat sukkel om gewig te verloor en besonder oorgewig is. Dit is belangrik dat jy eers gaan gesels met die chirurg wat die operasie sal uitvoer, sodat hy jou as kandidaat kan evalueer en al jou pertinente vrae kan beantwoord. Deesdae is daar ‘n hele reeks operasies wat oorweeg kan word afhangende van faktore soos jou ouderdom, die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor, ens. Dit is moontlik om na 'n maag- of dermomlyning swanger te word, maar so 'n swangerskap sal baie versigtig deur 'n ginekoloog en 'n geregistreerde dieetkundige gemoniteer moet word om te verseker dat die baba voldoende voedingstowwe kan inneem ten spyte van die moeder se beperkte vermoë om voedingstowwe op te neem. Ek sal ook aanraai dat jou voeding na so 'n operasie onder die toesig van 'n geregistreerde dieetkundige moet geskied. Die eerste stap is dus om kontak te maak met chirurgiese eenhede wat sulke operasies aanbied. Kontak die “Bariatric Centres of Excellence” met betrekking tot ‘n operasie om gewigsverlies te bewerkstellig. Jy kan Jana Derksen by die Oproepsentrum van die "Netcare Bariatric Centres of Excellence" by 0861-623-7489 skakel of 'n e-pos stuur na: jana@pharmacallcc.com of haar bel op haar selfoon by: 072-373-0155. Besoek ook gerus die Webwerf by www.netcare.co.za Besoek ook die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Maak 'n breedvoerige lys van al die vrae wat jy het sodat jy dit met beide die chirurg en die dieetkundige kan bespreek. Volgens berigte begin pasiënte dadelik gewig verloor na sulke bariatriese operasies.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-11-02

Beste Liza-Mari
Bariatriese chirurgie is wel 'n opsie vir mense wat sukkel om gewig te verloor en besonder oorgewig is. Dit is belangrik dat jy eers gaan gesels met die chirurg wat die operasie sal uitvoer, sodat hy jou as kandidaat kan evalueer en al jou pertinente vrae kan beantwoord. Deesdae is daar ‘n hele reeks operasies wat oorweeg kan word afhangende van faktore soos jou ouderdom, die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor, ens. Dit is moontlik om na 'n maag- of dermomlyning swanger te word, maar so 'n swangerskap sal baie versigtig deur 'n ginekoloog en 'n geregistreerde dieetkundige gemoniteer moet word om te verseker dat die baba voldoende voedingstowwe kan inneem ten spyte van die moeder se beperkte vermoë om voedingstowwe op te neem. Ek sal ook aanraai dat jou voeding na so 'n operasie onder die toesig van 'n geregistreerde dieetkundige moet geskied. Die eerste stap is dus om kontak te maak met chirurgiese eenhede wat sulke operasies aanbied. Kontak die “Bariatric Centres of Excellence” met betrekking tot ‘n operasie om gewigsverlies te bewerkstellig. Jy kan Jana Derksen by die Oproepsentrum van die "Netcare Bariatric Centres of Excellence" by 0861-623-7489 skakel of 'n e-pos stuur na: jana@pharmacallcc.com of haar bel op haar selfoon by: 072-373-0155. Besoek ook gerus die Webwerf by www.netcare.co.za Besoek ook die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Maak 'n breedvoerige lys van al die vrae wat jy het sodat jy dit met beide die chirurg en die dieetkundige kan bespreek. Volgens berigte begin pasiënte dadelik gewig verloor na sulke bariatriese operasies.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.