advertisement
Question
Posted by: Johan | 2010/12/22

Gastric bypass en dumping

Hallo doc,

My seun het in Desember 2009 ''n gastric bypass operasie gehad. Hy het vandag dumping gehad. Ek verstaan hoe die dumping gebeur het, maar wat snaaks was is dat hy amper so iets soos ''n epeleptiese aanval gehad het. Sy mond en gesig was blou, die tong was terugggetrek. Is dit normaalweg deel van dumping? Tweedens, wat moet ''n mens doen wanneer dumping gebeur? Is daar medikasie beskikbaar wat daarvoor kan help?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Johan
Die "dumping" kan water in die derm intrek wat sy bloeddruk kan laat val, en duiseligheid en floute kan veroorsaak. Julle kan die volgende probeer:
Eerder ses klein maaltye ipv 3 grotes
moenie vloeistof inneem 30 min voor of na ete nie
Vermy verfynde suiker (koek, lekkers ens)
Vermy melkprodukte as moontlik
Eet meer protein en minder koolhidrate
Le vir 30 minute na etes om floute te voorkom
Gebruik vesel om die deurgang deur die derm stadiger te maak (eet veselryke kos of gebruik iets soos Fybogel orange)
As dit steeds voorduur moet julle sy chirurg laat weet want dan moet hy dalk 'n pilletjie soos Ascarbose voorskryf.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/12/22

Hallo Johan
Die "dumping" kan water in die derm intrek wat sy bloeddruk kan laat val, en duiseligheid en floute kan veroorsaak. Julle kan die volgende probeer:
Eerder ses klein maaltye ipv 3 grotes
moenie vloeistof inneem 30 min voor of na ete nie
Vermy verfynde suiker (koek, lekkers ens)
Vermy melkprodukte as moontlik
Eet meer protein en minder koolhidrate
Le vir 30 minute na etes om floute te voorkom
Gebruik vesel om die deurgang deur die derm stadiger te maak (eet veselryke kos of gebruik iets soos Fybogel orange)
As dit steeds voorduur moet julle sy chirurg laat weet want dan moet hy dalk 'n pilletjie soos Ascarbose voorskryf.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement