advertisement
Question
Posted by: mosie | 2011/03/01

gastric bypass

Beste dok,
Ek het al voorheen geskryf oor my longfunksie, oorgewig ens.

Ek was nou onder behandeling in hospitaal onder n baie goeie pulmonoloog in die stad, sy het o.a bevind dat ek n massiewe mantelvliesbreuk het.

Die gastroskopie is in die hospitaal gedoen deur dieselfde dokter wat 8 jaar gelede my man se mantelvliesbreuk herstel het. Tog het sy my na ontslag verwys na n baie bekende professor hier in die stad. Veral bekend vir die ''''gastrci bypass'''' operasies wat hy uitvoer.

Hy het ook ''n gastroskopie en sluktoetse gedoen, en my daarna gese dat ek net twee opsies het, miskien drie. Een is hulle skiet my sommer nou dood, of hy gee vir my pille tot ek doodgaan, wat nie meer lank sal wees nie met al my mediese probleme nie. Toe vertel hy my dis nie ''''n massiewe mantelvliesbreuk'''' nie, maar ''n MOERSE een. Omdat ek morbidly obese is, (my bmi is 46.5%) kan hy my nie opereeer nie. Dit sal nie suksesvol wees nie. Hy sal dit egter wel doen tesame met n gastric bypass operasie.

Nou het ek n paar probleme, o.a hoekom het die pulmonoloog my na die prof verwys? Is dit omdat dit operasie te gekompliseer gaan wees, vir n gewone dok wat daai tipe operasies doen? of is dit n geval van ja, ek sal moet die gastric bypass ook laat doen?

Ek is en was nog altyd bang vir daai operasie. Tog besef ek dat ek hopeloos oorgewig is, en ek sukkel om te verloor aangesien ek insulien weerstandig is.

Kan dok my asb raad gee...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Mosie
Ek stel voor dat jy ook 'n tweede opinie kry by nog 'n sjirurg voor jy vir so operasie gaan. Die "gastric bypass" operasies is gevaarlike operasies en moet deur 'n uiters ervare sjirurg gedoen word. 'n Mantelvlies breuk is ongemaklik (gee sooibrand) maar nie gevaarlik nie. As jy insulien weerstandig is moet jy dalk eers 'n endokrinoloog sien soos Dr Distiller in Johannesburg.

Sien http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/007199.htm

Hier is ook 'n lys van geakkrediteerde dokters vir bariatriese sjirurgie:
http://www.sasomonline.co.za/contact.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Lana | 2014/09/20

Kan jy asb n nommer of dokter in Jhg vir my gee, ek kry geen kontak nommers nie. Dankie

Reply to Lana
Posted by: Z | 2011/03/08

Hi Mossie,

Ja dit is ongelukkig so dat daar dokters is wat die operasie doen wat dit beslis nie moet doen nie. Dit is hoekom dit so belangrik is dat die dokter goed nagevors moet word. Die website wat Dr Bets hier bo gee, is ''n goeie begin. Maar praat ook met vorige pasiente. Kyk ook na die kwalifikasies en rekord van die ander lede van die span. Kyk ook na die hospitaal en ondersteuning gedurende die tyd wat jy daar is. Ek het reguit gevra hoeveel van hierdie tipe operasies het die dokter al gedoen. Nie ek of my kind is ''n proefkonyn vir iemand nie.

Wat die prof aan betref - my seun se operasie is nie deur hom gedoen nie. Daar is dus alternatiewe beskikbaar. Indien ons van dieselfde prof praat, sal jy opmerk dat hy nie op die website gelys word nie. Ek sal hom ten minste daaroor uitvra. Moet ook net noem - ek kies eerder ''n goeie sjirurg wat onvriendelik is as ''n baie vriendelike minder goeie sjirurg. Die prof is baie bekend, beide plaaslik sowel as internasionaal. Ek ken twee van sy pasiente wat onwrikbaar glo hy loop op water! Dus het ek nie rede om te glo dat hy nie bekwaam genoeg is nie.

Onthou - op die einde van die dag is dit jou liggaam en lewe. My argument was dat niks as heilig beskou kan word nie. So as hy jou vrae as persoonlik opneem of ongemaklik is daarmee, dan is dit na my mening genoeg rede om nie langer van sy dienste gebruik te maak nie. Let wel, die meeste van die mediese fondse betaal nie vir die operasie nie. Dus betaal jy baie geld - gevolglik voel ek het jy die volste reg om seker te maak van enigeiets wat jou pla.

Sterkte!

Reply to Z
Posted by: mosie | 2011/03/08

Hi Z,

Het gister met iemand gepraat wie se operasie vreeslik skeef geloop het! Dit was gedoen deur daai dokter wat so n jaar gelede op Carte Blanche bespreek was met die mislukte operasies - die vriendin van my se derms het aanmekaar gegroei na die operasie agv die feit dat die kos blykbaar nie die normale roete volg deur die derms nie??? Sal ook maar my vrese met die prof bespreek, maar is so bietjie bang vir hom! Hy het my nie baie simpatiek behandel nie!

Groete...

Reply to mosie
Posted by: Z | 2011/03/07

Hi Mosie,

Nee my seun spesifiek het nie ''n probleem daarmee nie. Volgens die dokter is dit omrede hy nog baie jonk is. Hy het velle gehad, maar dit het oor tyd al baie beter geword. Maar dit kan ''n probleem wees na die operasie - indien nodig kan dit ook reggemaak word.

Sterkte met die besluit.

Reply to Z
Posted by: mosie | 2011/03/07

Beste Z,

Baie dankie vir jou inligting - ek waardeer dit regtig baie...EK moet nou Vrydag weer die prof gaan sien (glo dis die een wat jy ken) en sal dan my finale besluit moet doen. Ek vermoed ek sal maar! Het jou seun nie gesit met los velle na die gewigsverlies nie?
Groete,
Mosie

Reply to mosie
Posted by: Z | 2011/03/01

Mosie,

Eerstens ek is GLAD NIE ''n mediese persoon nie - het GEEN mediese opleiding nie. Ek kan maar net vanuit my ondervinding praat.

My seun het op 14 jarige ouderdom in Desember 2009 ''n gastric bypass gehad. Die pad tot daar was moeilik, aangesien hy ook moes gewig verloor voor die operasie. Die operasie self is redelik maklik - dit was nie vreeslik seer nie, aangesien dit ''n laproskopiese operasie is, maw hulle sny nie werklik nie, maar werk deur klein gatjies in die maag. Die herstel tyd is ook nie lank nie - my seun het twee nagte in die hoospitaal geslaap.

Die aanpassing na die operasie is die moeilike gedeelte. In die begin is dit slegs ''n vloeistof dieet, dan sagte kos (bv purity/yogurt) - dit is ''n hele paar weke voordat jy normale kosse kan eet. Daar is ook sekere dinge wat jy moet vermy, bv suiker. Jy kan suiker gebruik, maar binne perke. Die ergste vir my seun was " dumping" (doen ‘ n google search vir “ gastric dumping”  en jy sal baie inligting hieroor kry). Volgens my seun en ander mense wat dit al ondervind is, is dit baie seer en ''n mens voel baie sleg. Maar dit is eintlik in jou beheer - as jy reg eet, is dumping baie skaars en kan selfs nooit voorkom nie. My seun se laaste dumping was ingeveer ses maande terug en dit was toe hy eerste ding in die oggend ''n glas coke gedrink het. Hy kan in die middag coke drink maar nie eerste ding in die oggend nie.

Die voordeel van die gastric bypass is dat jou maag baie kleiner is en jy dus eintlik nie honger word nie. Jy kan binne perke enigeiets eet (bv sweets en sjokolade) maar jy eet alles in baie klein hoeveelhede. Omrede jy kleiner hoeveelhede eet, moet jy meer gereeld eet, bv 6 keer per dag. Aangesien hy nie honger is nie, was dit nogal ''n aanpassing vir my seun. Sy smaak het ook verander, bv hy hou nou nie meer van sekere kossie nie –  hy kan dit eet, maar hy hou net nie daarvan nie.

Die rede hoekom hulle jou na ‘ n “ Prof”  verwys het is waarskynlik omrede dit ‘ n omvattende span benodig. Daar moet bv ‘ n endokronoloog wees wat na jou vitamines en hormone kyk (na die operasie moet jy vitamines vir die res van jou lewe drink –  soos wat almal van ons veronderstel is om te doen), daar is ‘ n dieetkundige asook ‘ n sielkundige. Soos jy kan verstaan is daar min dokters wat hierdie tipe van span het. Indien jy in die Pretoria/Centurion area is, weet ek waarskynlik van watter Prof jy praat.

Kyk herus na videos op youtube (gebruik “ gastric bypass”  as soekterm) –  dit verduidelik die operasie redelik goed. Let wel daar is verskillende tipes gastric bypass oparasies. Soos wat ek verstaan is die mees algemeenste een die Roux-en-Y tipe.

Die algemene vraag, is dit die moeite werd? My seun het 117 kg geweeg voor die operasie –  hy was ook insullien weerstandig. Hy weeg nou 77 kg. Sy pankreas het 4 keer die normale hoeveelheid insulien afgeskei, en sy suiker was nog steeds 11.2. Sy pankreas aktiwiteit is nou normaal en sy suiker is ook normaal. Sy antwoord oor of hy dit weer sal doen? “ In ‘ n oogwink” . Sy hele persoonlikheid het verander –  waar hy meestal terugtrokke was, is hy nou heeltemaal die teenoorgestelde. Natuurlik baie meer energie en selfvertroue.

Wat ek ondervind het is dat dit baie help om met mense te praat wat die operasie ondergaan het. Indien jy met sulke mense wil praat, kan ons dit reel. Ek sal hierdie post dophou.

Jammer vir die lang antwoord.

Reply to Z
Posted by: Cyberdoc | 2011/03/01

Hallo Mosie
Ek stel voor dat jy ook 'n tweede opinie kry by nog 'n sjirurg voor jy vir so operasie gaan. Die "gastric bypass" operasies is gevaarlike operasies en moet deur 'n uiters ervare sjirurg gedoen word. 'n Mantelvlies breuk is ongemaklik (gee sooibrand) maar nie gevaarlik nie. As jy insulien weerstandig is moet jy dalk eers 'n endokrinoloog sien soos Dr Distiller in Johannesburg.

Sien http://www.nlm.nih.gov/medlineplus/ency/article/007199.htm

Hier is ook 'n lys van geakkrediteerde dokters vir bariatriese sjirurgie:
http://www.sasomonline.co.za/contact.html
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement