advertisement
Question
Posted by: Hannah | 2009-04-08

Galstene

Hi Doc ek het galstene, (opgetel tydens Gyne ondersoek) maar het nog nie juis pyn nie, alhoewel ek altyd opgeblaas en ongemaklik is, sooibrand kry (eet nie enige snaakse goed nie omdat ek cholesterol en tipe 2 diabetes het,) is daar sekere goed wat ek nie moet eet/drinkwat my nie die ongemak opgeswelde buik en sooibrand gee nie? assosieer ek die " simptome"  korrek met galstene? Is daar enige medikasie om dit op natuurlike manier te laat oplos/opbreek of wat ook al dit is wat moet gebeur om weg te gaan?

Baie dankie
Hannah

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Hannah
Galstene gee net simptome as een in die galbuisie vassit (erge krampe en koliek) of as dit infeksie veroorsaak ( koors buikpyn braking) Dit gee nie opgesette buik of sooibrand nie - dit word eerder veroorsaak deur 'n diafragma breuk (hiatus hernia/acid reflux). Die behandeling daarvoor is antisuur en die regte dieet: sien
http://heartburn.about.com/od/understandingheartburn/ht/hiatalhernia.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: whetlePlayday | 2011-01-26

Reply to whetlePlayday
Posted by: elzabe roux | 2009-07-11

ek gebruik chroniese medisyne wat my lewer aantas en wil graag iets natuurlike gebruik om my lewer te detox is daar iets wat ek kan gebruik baie dankie

Reply to elzabe roux
Posted by: Frieda | 2009-06-19

Dr,
Ek ondervind geweldige pyn op my maag. Na verskeie toetse is vasgestel met sonar dat ek talle groot galstene het - almal ongever 1cm in grootte. Ek is bang om te gaan vir ' n operasie om die stene te verwyder. Wat kan gebeur indien ek dit nie laat verwyder nie? Is daar natuurlike maniere om daarvan ontslae te raak? Ek het baie hoë  cholesterol - oorerflik, en gebruik al baie jare medikasie daarvoor. Indien die stene noodwendig verwyder moet word, gaan die hoë  cholesterol nie veroorsaak dat dit weer aanhou vorm nie? Wat is die invloed van galblaas wat nie effektief werk nie op die lewer? Sal lewer detox help om die verdere vorming van stene tee te werk?

Reply to Frieda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement