advertisement
Question
Posted by: wil meer weet | 2010/08/30

galsteen

Beste Dokter,

My swaer het vanoggend wakker geword met geweldig maagpyn, haderhand begin opgooi en diarree. Die maagpyn was egter die groot probleem, hy kon later amper nie meer self loop nie. Op my aandrang het ons hom ongevalle toe geneem. Hulle het eers vermoed dat dit iets met die aorta te doen het, anders n maagseer. (Hy het voorheen hartaanval gehad) Sy bloeddruk was maar 102/42. Na die bloedtoetse en sonar en x-strale alles gedoen is, het hulle gese dit is n galsteen. Sy witbloedtelling is baie hoog, iets te doen ook met die lewer, maar hulle gaan hom nie opereer nie, uit vrees dat die galblaas kan perforeer. So, ek verstaan nie hoekom is die witbloedtelling hoog, hoekom sy bloeddruk so laag, en hoekom hulle maar nie opereer nie. Hy is amper 72. Hy is nou in Hoesorg. Toe ons daar weg is, was die bloeddruk 120/48. Is dit normaal in so n geval? en is dit nie gevaarlik nie?
Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Wil meer weet
Galstene kan akute galblaas ontsteking (soos akute blindederm onsteking)veroorsaak en dan sal mens eers die infeksie met antibiotika behandel voor jy opereer, want 'n gebarste galblaas kan mens by die dood laat omdraai. Die verhoogde wit bloedseltelling dui op die infeksie. Sy bloeddruk kan laag wees van skok, en dit klink vir my of hy maar baie siek is op die oomblik. Jy was heeltemal reg om aan te dring om hom dadelik ongevalle toe te neem!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Adele | 2013/07/24

Hey Dokter Bets My kleindogter is Maandag oggend gebore. Sy het 4.05kg met geboorte geweeg, tog was sy meer as 'n dag in die broeikas. Die rede daarvoor was dat my dogter verlede week in die hospitaal was vir infeksie, en sy het 'n drip gehad. Dit het glo 'n invloed op die baba se longetjies gehad. Nou is baba se wit bloedsel telling te hoog, en nou moet sy in die hospitaal bly. Ek wil net graag weet hoe ernstig dit is. Baie dankie Adele

Reply to Adele
Posted by: Bennie Janse van Rensb urg | 2010/10/25

Beste Dokter
Ons het reeds op 15 Okt 2010 gevra wat ons kan doen om witbloedtelling wat laag is op te bou aangesien ek baie moeg is en geen energie het nie. Wat is u aanbeveling wat moet ek eet of drink om my liggaamstekte weer te herstel?
Dankie Bennie Janse van Renmsburg

Reply to Bennie Janse van Rensb urg
Posted by: BENNIE JANSE VAN RENSBURG | 2010/10/15

NA BLOEDTOETSE, X STRALE EN EKG IS GEVIND DAT MY WITBLOEDTELLING BAIE LAAG IS. EK HET HOE KOORS GEHAD, SEER LYF, NAAR EN DIAREE. ALS IS OKE NOU MAAR EK IS ENERGIELOOS EN PAP. WAT KAN EK DOEN OM DIE TELLING WEER TE VERHOOG EN BETER TE VOEL? ANTIBIOTIKA IS KLAAR GEBRUIK.

Reply to BENNIE JANSE VAN RENSBURG
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/30

Hallo Wil meer weet
Galstene kan akute galblaas ontsteking (soos akute blindederm onsteking)veroorsaak en dan sal mens eers die infeksie met antibiotika behandel voor jy opereer, want 'n gebarste galblaas kan mens by die dood laat omdraai. Die verhoogde wit bloedseltelling dui op die infeksie. Sy bloeddruk kan laag wees van skok, en dit klink vir my of hy maar baie siek is op die oomblik. Jy was heeltemal reg om aan te dring om hom dadelik ongevalle toe te neem!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement