advertisement
Question
Posted by: blaasoppie | 2009/12/12

galblaas-probleme

Beste dokter,

My galblaas is so 6 jaar gelede verwyder. Ek kry die vreeslikste sooibrand (veral snags as ek le) en dit brand sommer so in my keel op. EK moet uiters versigtig wees wat ek eet in die aand, anders skrik ek wakker met hierdie erge sooibrand wat oorkook. My sussie het dieselfde operasie gehad, en haar dokter het vir haar gese sy moet minstens een keer elke 6 weke n goeie purgeermiddel drink, aangesien die gal glo ophoop, en dit dan naarheid en hoofpyne veroorsaak. Is dit werklik nodig om purgeermiddels te drink, en kan gal ' ' ophoop' ' .
Baie dankie vir die raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dit is 'n uiterse goeie idee om 'n purgeermiddel te neem en seker te maak dat jou stoelgang gereeld en sag is. Ongelukkig dink ek jou sooibrand is as gevolg van oortollige suur wat deur die maag geproduseer word en in die oesophagus (slukderm) opstoot. Ek stel dus voor dat jy 'n algemene chirurg vir 'n barium maal en 'n gastroskopie konsulteer om vas te stel of daar wel refluks van maaginhoud is.

Intussen kan jy Gaviscon Advanced neem vir die verligting van jou simptome, maar let wel dat dit nog steeds belangrik is om die chirurg te konsulteer.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: lenie | 2010/02/14

ek kry n snaakse gevoel in my bors en dan hittegloed in my gesig en liggaam. enige tyd van die dag of nag. is dit my galblaas. met my hart is niks fout nie. ek is raadop. dankie

Reply to lenie
Posted by: Latitia du Preez | 2010/02/11

Ek is al vir langer as twee jaar op " maagseer"  pille. Ek kry die vreeslikste pyne in my maag area in die nag. Hier enige tyd van drie uur af. Dit het partymaal gevoel soos ' n hartaanval. Pyn, sweet, asemnood - die hele toet. Geen medisyne het gewerk nie. Twee dae gelede het ek uiteindelik die kamera gaan sluk. Dis toe al die tyd my galblaas met ' n erge groot galsteen in. Ek moet nou gaan vir ' n galblaas op, maar is nogal bang. Is daar nie net ' n pil of ' n ding wat ek kan sluk wat die ding wegvat nie? En dan ook sommer hierdie elke aand se pyn wegvat nie? Ek kan nie onthou wanneer laas ek ordentelik geslaap het nie.

Reply to Latitia du Preez
Posted by: blaasoppie | 2009/12/14

Dankie Wendy!! Ek sal beslis met my GP praat, ek is so desperaat - sal enige iets probeer... EK wag ook net vir dok Bets se antwoord, ek ' ' trust' '  haar met my lewe!!

Reply to blaasoppie
Posted by: WENDY | 2009/12/14

Ek het simpatie met jou, ek het dieselfde gehad en my dokter het my op Omeprazole 20mg per dag gesit. Dit help geweldig baie en ek kan eet wat ek wil. Dit is dalk vir jou die moeite werd om jou GP daaroor te nader, ek het wel ' n scope gehad voor hy dit voorgeskryf het.

Reply to WENDY

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement