advertisement
Question
Posted by: Nanette | 2012/06/16

Galblaas Operasie / Simptome

More Doc

Ek was so ruk terug dokter toe met verskeie simptome wat my teen die muur uitgedryf het. Na baie vrae en ondersoeke het die GP besluit om my te stuur vir gewone Xtrale en n sonar, my bors se Xtrale het normaal terug gekom die sonar het egter gewys dat ek verskeie galstene het en ovarian sist op my eierstokke, eks toe verwys na n spesialis wat aanbeveel het ek verwyder my galblaas.

Eks baie skrikerig vir enige operasie en ek ly aan depresie en angs aanvalle ook en het sommer self besluit ek gaan nie dadelik vir die op gaan nie. Die simptome is net erger en so is ek na n ander doc vir nog n opinie wat ook gese het ek moet my galblaas verwyder. Ek gaan nou volgende weet na die spesialis toe om te hoor wanneer ek gedoen word.

As iemand wat sit met depressie en angstigheid wil ek graag hoor of die simptome wat ek tans het wel te doen het met my galblaas en die stene of is dit moontlik iets anders.

Ek is heeltyd moeg, loop met so vlou val gevoel rond ekt erg pyn in my bors (links en regs) soms in die middel. My regter hand maak soms so pins en needles gevoel, ekt nie krag nie, wil net slaap. kry pyn op my maag net onder my borste heeltyd, maar as ek regop sit verdwyn dit. hartkloppings en duisligheid, Ek weet van dit is van die angs aanvalle en goed maar die res?
Ek was op Cilift gewees vir 6 maande maar is ook van dit af oor my medies dit nie meer dek nie, kan die simptome wees oor ek dit gelos het

Help

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nanette

Ek stel wel voor dat jy jou galblaas verwyder, aangesien dit jou baie siek kan maak. Indien jy aan depressie en angs lei en nie behandel word nie, verklaar dit baie van jou ander simptomes, soos moegheid, hartkloppings en duiseligheid. Ek stel daarom voor dat jy ook 'n psigiater konsulteer vir ander, meer bekostigbare behandeling wat wel deur jou medies gedek sal word.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: hester | 2014/10/11

Hi ek het maandag my galblaas verwyder dit is nou saterdag ek kry weer borspynesoos voorheen is daar n probleem moet ek dalk terig gaan hospitaal toe wat staan my te doen

Reply to hester
Posted by: anna marie | 2012/08/22

het ook galstene wil net weet of dit angs aanval simptome kan gee

Reply to anna marie
Posted by: riana schuster | 2012/07/21

ek is behandel in 2006 vir hep c, ja nooit weer dieselle gewees nie my liggaam het ''''seergekry'''' en nou loop ek met die naar milsike gallerige gevoel ek proe die bitter in my mond die burp wat opstoot gal, as ek opgooi water en gal ook hardlywig, maar lyf ook seer, kan hul dit nie eerder verwyder nie, en wat is die nadele

Reply to riana schuster
Posted by: Rita | 2012/07/09

HELP ASB MET HARDLYWIGHAID NA GALBLAAS OPERASIE EN WAT EK MAG EET DIREK NA OPERASIE

Reply to Rita
Posted by: nanette | 2012/06/16

dankie sal dadelik n afspraak maak om nuwe medikasie te kry

Reply to nanette

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement