advertisement
Question
Posted by: ann | 2007-11-29

Q.

Galblaas operasie

EK het maandag my galblaas laporoskopies verwyder. Hulle het blykbaar 3 groot stene uitgehaal. Eerstens wil ek weet hoe op die aarde die goed begin vorm het, want ek eet glad nie vetterige kos nie, en dit is blykbaar een van die hoofredes. Ek wil net 'n paar vragies vra oor die operasie. In die operasie teater het hulle my met Wafferin ingespuit. Hoekom sou hulle dit doen? Dan het die een dokter my ook kom vertel dat daar "some bile spillage" was en dat my lewer skoongewas moes word. Hulle het my ook op 'n reeks antibiotika begin as 'n "preventative meassure" Is dit normaal? Dit is vandag dag 3 na die operasie en ek is maar naar en voel sommer net goor. Hoe lank voordat ek weer mens gaan voel? Hoe lank is die hele herstelproses. Ek sien die chirurg eers einde Desember vir my eerste opvolgbesoek. Enige raad oor hoe om weer vinnig mens te voel?

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Hallo Ann

Ek gaan maar so op die lyn af met die vrae!
Galstene vorm omdat die galblaas nie goed werk nie (trek nie behoorlik saam nie en ledig nie behoorlik nie)
Hulle spuit Warfarin om te keer dat jy bloedklonte in jou bene kry.
Gal wat in die buikholte mors irriteer die buik geweldig ( chemiese irritasie) en mens kry dan maklik inflammasie en infeksie. So as jy koorsig voel en jou buik is seer en/of opgeset moet jy jou dokter DADELIK laat weet. As hy nie daar is nie en jy sien 'n plaasvervanger moet jy hom vertel van die gal lekkasie.
Dit vat so 6 weke om te herstel van enige buikoperasie, bietjie gouer as dit laparoskopies was maar jy moet dit maar rustig vat die eerste week tot 10 dae.

Sterkte - dit gaan ook oor!!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
user comments

C.

Posted by: Sannie | 2013-08-20

Hi Ek het so 3 jaar terug my galblaas laat verwyder. Nie land daar na begin my maag groot word en baie hard as ek iets eet. Nou begin ek pyn kry dit voel of van my ribbers af is en pyn baie as my maag opblaas. Wat kan ek doen.

Reply to Sannie
Posted by: Susan Nieuwoudt | 2013-05-08

Dis amper 'n jaar na my galblaas verwydering, en nou begin ek ergere moegheid ervaar en het 'n onlangse gal aanval gehad?? Nou verstaan ek glad nie, want die galblaas is dan verwyder?? Eet ook glad nie vetterige of olierige kosse nie

Reply to Susan Nieuwoudt
Posted by: Judy | 2013-04-18

Hello, het vandag my steke laat uithaal , na my operasie, hul het 3 stene uitgehaal. Ek kan net se ek voel naar en dronk in my kop wens ek kon weet of dit normaal is. Ek kry ook sooibrand van enige iets wat ek eet(ek eet nie vetterige goed nie)maar almal se maar vir my rus rus rus dit sal beter word.Sterkte aan almal met die galblaasoperasie

Reply to Judy
Posted by: Toetsie | 2008-01-11

Ek moet nou die 24ste Januarie 2008 gaan dat dit verwyder word. Galstene en my galblaas. Waarvan kry 'n mens 'n verdikte galblaaswand want dit is hoekom die galblaas glo verwyder moet word. Ek wil ook net graag weet of daar enige nagevolge is van die verwydering van die galblaas, bv gewig optel - afval, aanhoudende pyne ensovoorts. Om eerlik te wees is ek verskriklik bang want ek was nog net 4 keer in die hospitaal, my eie geboorte en die 3 van my kinders se geboortes.

Reply to Toetsie
Posted by: Meidkie | 2007-12-07

Dra ek a risiku om galstene te kry? (Ek het wel nog nie van dit in my familie gehoor nie)

Reply to Meidkie
Posted by: Melissa | 2007-11-29

Ek is 31 jaar oud. Ek is 33 weke swanger en is vanoggend meegedeel dat ek galstene het. Ek eet ook glad nie vetterige kosse nie inteendeel ek microwave my eier en ek eet selfs nie die vel van die hoender nie. Kan dit veroorsaak word deur yster aanvullings? Ek ly aan anemia en moet gereeld ysteraanvullings gebruik, kan dit ook 'n rede vorm? Wat is die prosedure noudat ek swanger is vir die verwydering van galstene? Die pyn is vreeslik maar ek het pyn pille van my gynie gekry - ek sien hom eers volgende week, wat kan ek verwag en hoe ernstig is dit?Kan dit my swangerskap benadeel?

Reply to Melissa
Posted by: Cornel | 2007-11-29

Die Shake se naam is "ENSURE".

Sterkte!

Reply to Cornel
Posted by: Cornel | 2007-11-29

Ek is vroulik, 32 jaar oud. Ek kan nie die mediese deel vir jou beantwoord nie, maar ek het my Galblaas 6 Sept. 2006 laat verwyder en kan uit 'n pasient se oogpunt vir jou my storie vertel:

Ek het 6 stene in Galblaas gehad (Galblaas verder gesond) wat verwyder is. Ek het van 'n Spesialis verneem dat hoë, familie Cholestorol en genetiese faktore 'n groot rol speel - dis hoekom ons stene kry. Ek is ook een van daai mense wat nooit aan vetterige goed raak nie, maar ek het familie Cholestorol wat hoog bly en my ma en haar broer het ook in hulle 30's Galblase verloor.

Ek het 5 dae na die operasie 'n nood-prosedure gehad waartydens hulle (ERCP - amper soos 'n Gastroskopie) 'n Galblokkasie tussen my lewer en pankreas gaan reg maak het. Ek kan jou verseker ek het 'n uitstekende Shirurg gehad en 'n baie goeie Hospitaal (Unitas) maar sulke dinge gebeur soms. Ek het daardie selfde aand 'n koors van 42 ontwikkel en vir 2 weke daarna met 'n infeksie rondgeloop. Die antibiotika wat hulle vir jou gee is om te keer dat jy infeksie ontwikkel.

Dit verskil van persoon tot persoon, maar ek was vir 1 week na ERCP nog naar en het maar seer gehad en het 5kg verloor in 'n baie kort tyd (natuurlik als weer opgetel toe ek weer normaal kon eet) Na die ERCP het ek uitgevind die operasie self was nie te seer nie. Tussen die operasie en die ERCP het my dreineersakkie geel-olierige vloeistof uitgespuit! Dit kon dalk van die goed gewees het wat om jou lewer was en daarom moes hulle hom was.

Klink of jou Shirurg als reg gedoen het en jy gaan mooi gesond word. Probeer so veel moontlik rond beweeg om bloedklonte te voorkom en geniet die rus. Bly vir tenminste 2 weke weg van koffie en ryk kosse. As jy baie naar is en voel jy kan regtig nie eet nie: kry vir jou by die Apteek 'n "shake" - poeier wat jy met melk aanmaak - wat help om 'n mens se kragte terug te kry (kan ongelukkig nie die naam onthou nie). Eet is baie belangrik vir herstel.

Baie sterkte!

Reply to Cornel

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement