advertisement
Question
Posted by: Pattie | 2007/11/21

Q.

GALBLAAS EN GALSTENE

Ek wil net graag uitvind ek was vir n sonar gewees Maandag, want ek het ondraaglike pyne gekry aan die bokant van my maag en dan gaan die pyne na die regterkant tot in my rug in, die sonar het toe gewys dat ek n galstene het en ek moet ge-opereer word die galblaas moet verwyder word ek is nou 40 jaar oud en vroulik ek wil net weet waar kan ek gaan soek op die website vir meer inligting met foto's van die tipe operasie en die funksies wat daarmee gepaard gaan indien u my kan help asb

dankie

pattie

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Hallo Pattie
'n Galblaas met galstene word verkieslik verwyder omdat die stene 'n aanduiding is dat dit nie reg werk nie. Hier is 2 websites waarna jy kan kyk:
http://en.wikipedia.org/wiki/Cholecystectomy
http://www.debakeydepartmentofsurgery.org/home/content.cfm?proc_name=cholecystectomy&content_id=274
As die galblaas verwyder is, loop die gal direk in die dunderm in, en die enigste gevolg van die operasie is dat mens nie meer groot volumes vetterige kos op een slag kan eet nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
user comments

C.

Posted by: Adele De Vries | 2014/09/12

Kan iemand my asb se hoe word n gal blaas toets gedoen? Met bloed trek of urine toets? Of hoe? Asb tog so gou moontlik ek gaan vir mantelvlies breuk operasie maar hul wil eers seker wees dis nie my gal blaas nie. Ek het heeldag pyn op my bors.adeledevries98@gmail.com

Reply to Adele De Vries
Posted by: Theresa | 2014/02/05

Goeie middag Graag wil ek weet - my man het gisteroggend 2:30 'n vreeslike pyn aan die bokant van sy maag gekry dat hy so amper vlou geval het net van die pyn. Hy was vreeslik naar en sweterig. Ek moes toe inderhaas hospital gaan en so het hulle 'n urine toets, bloed toets en EKG gedoen. Die uitslae het gewys alles is normaal. Wat my pla is dat die dokter ook gese het dit kan 'n galsteen wees. Deur die verloop van die dag het ek met twee verskillende mense apart gepraat met dieselfde ondervinding wat uitgedraai het op galsteen. My man se die area waar die verskriklike pyn was is vreeslik teer en hard. Dankie sal wag vir u antwoord.

Reply to Theresa
Posted by: girl | 2008/02/19

my aanstaande skoon suster wil weet wat beteken jingles die suster het gese sy het dit en sy het n rooi uitslag en hat piepie is groen . kan u asseblief se wat dit is asb

Reply to girl
Posted by: Student | 2008/02/13

Ek moet 'n taak doen oor galstene. Kan julle my abs. help met die nodige inligting. Bv. Beskrywing, waar in die liggaam, oorsaak, man/vrou, simptome, behandel in Westerse, Alternatiewe maniere waarop ander kulture/gelowe dit kan behandel?
Baie dankie!

Reply to Student
Posted by: AJAx | 2008/02/03

ek het my galblaas verwyder maar my lewer het infeksie op gedoen en het non related hepatitis op gedoen kry mens non related hepatitis en is dit oorkombaar en is op die oomblik verlos daai kwaai pyn maar se gou gaan die hepatitis weg of kom dit een of ander tyd weer voor/

Reply to AJAx
Posted by: Jacky | 2008/01/30

sal ek gewig optel na my gallblaas verwyder word?

Reply to Jacky
Posted by: Cornel | 2007/11/21

Ek was Sept. 2006 vir 'n Cholestelektomie (4 gaatjie metode om Galblaas te verwyder). Daar was lewens gevaarlike komplikasies na die tyd en my Shirurg was baie wys deur die dreineer-sakkie vir 'n paar dae in te los. Dit geld as "Polisie man" vir ingeval daar 'n lekkasie is.

Vra asb. vir jou Shirurg om vir jou 'n dreineer-sakkie in te los na die Operasie.

Sterkte. Die Operasie self is nie te seer nie en 'n mens herstel vinnig, mits daar nie komplikasies is nie.

Reply to Cornel

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement