advertisement
Question
Posted by: Tanya | 2009/01/28

Galblaas

Wat is die mees algemeenste tekens/simptome as iemand galblaas probleme het?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tanya
Met 'n galsteen kan mens kramperige pyn aan die regterkant van die buik kry, dit kan so erg wees dat jy naar en flou van pyn voel, mens kan koorsig word as daar infeksie is, jy kan naar voel as jy vetterige kos eet. Mens kan die galblaas met 'n sonar ondersoek
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: jannie | 2016/02/08

Ek kry geweldige pyn waar die galblaas sit wat soos n knop voel en die knop voel met tye warm en dan het daar nog n knop gevorm aan onderkant van regter ribbebeen wat ook pyn veroorsaak. Ek sukkel ook met maagsere en was so 3 jaar terug in Hospitaal toe maag aan die bloei gegaan het endie dokters het niks gese dat daar fout is met galblaas nie. Ek bring deesdae ook baie gal op. Ek drink baie Lennon's se galpille maar dit help nie regtig meer nie. My stoelgang was ook in week swart wat n aanduiding is dat daar weer bleeding in is maar my swart stoelgang het n groen skynsel ook ingehad wat dalk kln gal wees

Reply to jannie
Posted by: CHARMAINE | 2015/12/21

EK KRY OOK DAARDIE BITTER SMAAK IN MY MOND,DAN KAN EK GEEN KOFFIE ,SOMS TEE OOK,KOELDRANK DRINK VIR N TYDPERK,KRY KOORS ERG HOOFPYN EN NAAR,SOMS BRAKING EN MAAG WAT AANEEN SPUIT,MAAG DUUR SOMS 3DAE,MAAR BLY VIR ONGEWYLDE TYDPERK FLADDERIG VOEL,SUKKEL OM TE EET,RAAK NAAR,EFFENSE PYN AAN REGTERKANT SO ONDER BORS MIN OF MEER,SOMS VOEL SOOS SAMETREKKINGS,WAS OOK AL VIR SONA EN KON NIKS SIEN,HET OOK MANTELVLIES BREUK,EN SOOIBRAND IS MY BAAS,STAAN OP EN GAAN SLAAP MET DIT.

Reply to CHARMAINE
Posted by: MICHELLE | 2015/03/07

EK HET DIE HEELTYD 'N BITTER SMAAK IN MY MOND EN KRY GEWELDIGE SOOIBRAND HET AL VOORHEEN GALBLAAS PROBLEME ONDERVIND MAAR HET BEHANDELING GEKRY DAARVOOR.EK IS GEWORRIED EK KRY DIT WEER WAT KAN EK DOEN OM DIT TE VERMY

Reply to MICHELLE
Posted by: Anoniem | 2013/11/26

Hi! Ek is so week terug by die dokter(19/11/13) en hy het vir my gese ek het vermoedelik 'n mantelvliesbreuk. Ek moet nou pille gebruik vir 'n maand lank en as dit nie werk nie dan moet ek die kamara sluk en 'n sonar van my galblaas laat doen. Ek het dokter toe gegaan a.g.v brand maag, opgeblaasheid, ongemaklikheid by die maag en seer as ek bo deel van maag druk. Ek is 21 jaar oud. Is dit normaal vir 'n meisie my ouderdom om al sulke probleme te ervaar? Ek het vanoggend siek geword maar dit was baie baie min en dit was net soos 'n geelerige slymerigheid. Is dit die galblaas was dit veroorsaak? of is dit normaal tydens die gebruik van medikasie om 'n mantelvliesbreuk te behandel. Ek is ook deesdae ongelooflik baie moeg en wil net die heeltyd slaap(voel of ek glad nie slaap nie) en ek het die heeltyd koors(ander gevoel van hitte wat voel of dit binne my liggaam is as wat mens warm kry en sweet a.g.v hitte wat jy buite die liggaan ervaar). Ek is ook winderig maar tog hardlywig. Ek is besig met eksamens al van Oktober af en het al gewonder of dit nie dalk stres wees wat dit veroorsaak nie. Ek is al 3 jaar besig met my studies en het al baie eksamens agter die rug, maar tog ervaar ek dit nou eers?? Enige raad asb??

Reply to Anoniem | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2013/12/22

Anoniem, ek is 26 en my galblaas is 'n week gelede uitgehaal - selfde simptome as jy aan en af vir ongeveer 6 maande gehad...

Posted by: sonja | 2013/10/29

Ek ht pyn op die krop van my maag en die pyn maak my bja naar. Ht al vi n sonar gegaan en di dokter gese dis galstene. Omtrent my hele galblaas vol stene en die wand om hom. Is dit n moet dat ek dit moet gaan uithaal?

Reply to sonja
Posted by: elsabe | 2013/06/27

Ek voel pyn onder my blaas baie winderig en naar geweldige koppyn en baie geirriteerd n bitter smaak in die mond en sooibrand. Kan dit moontlik galblaas wees

Reply to elsabe

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement