advertisement
Question
Posted by: Daan | 2011-05-03

Fruktose vs uriensuur

Nou weet ek glad nie meer nie! Ek het ''n homeopaat ''n jaar gelede besoek omdat ek jig gekry het. Sy het my van alle brood en melk afgehaal en my laat fruktosesuiker gebruik i.p.v. gewone suiker. Ek weeg nou al ''n jaar 7 kg minder en voel baie goed, maar die jig het weer begin terugkom. Nou lees ek op Health24 se webblad dat fruktosesuiker uriensuur verhoog. Hoe nou?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Daan
Dit is ongelukkig die nuutste bevinding op die gebied van jig, nl dat fruktose, die suiker wat veral in vrugtesappe, soet vrugte en sekere kosse (gewoonlik kosse wat vir diabete bedoel is), bydra tot die vorming van uriensuur en dus jig vererger. Ek moet sê dat ek nie die homeopaat se redenasie wat jou dieetveranderings aanbetref, verstaan nie. As 'n persoon aan jig ly, dan is dit nodig om sg. 'puriene' uit te sny. Puriene is chemiese stowwe wat voorkom in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook dan 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn en vrugtesappe en fruktose uit te sny, as mens aan jig ly. Brood en melk bevat nie eintlik enige puriene nie. Ek vertrou dat die homeopaat jou wel 'n kalsiumaanvulling gegee het, aangesien melk en melkprodukte die beste bron van kalsium in ons dieet is, en persone wat dit uitsny, aan die risiko van osteoporose blootgestel is (ja, dit geld ook vir mans). Ek wil voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om die jig te verbeter en ook te sorg dat jy nie 'n kalsiumgebrek opdoen nie. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-05-04

Beste Daan
Dit is ongelukkig die nuutste bevinding op die gebied van jig, nl dat fruktose, die suiker wat veral in vrugtesappe, soet vrugte en sekere kosse (gewoonlik kosse wat vir diabete bedoel is), bydra tot die vorming van uriensuur en dus jig vererger. Ek moet sê dat ek nie die homeopaat se redenasie wat jou dieetveranderings aanbetref, verstaan nie. As 'n persoon aan jig ly, dan is dit nodig om sg. 'puriene' uit te sny. Puriene is chemiese stowwe wat voorkom in rooivleis, orgaanvleis (lewer, niertjies, ens), wildsvleis, vis, hoender, vleissouse en -aftreksels, ansjovis, en sekere peulgroente. Dit is ook dan 'n goeie idee om alkohol, veral rooi wyn en vrugtesappe en fruktose uit te sny, as mens aan jig ly. Brood en melk bevat nie eintlik enige puriene nie. Ek vertrou dat die homeopaat jou wel 'n kalsiumaanvulling gegee het, aangesien melk en melkprodukte die beste bron van kalsium in ons dieet is, en persone wat dit uitsny, aan die risiko van osteoporose blootgestel is (ja, dit geld ook vir mans). Ek wil voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om die jig te verbeter en ook te sorg dat jy nie 'n kalsiumgebrek opdoen nie. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.