advertisement
Question
Posted by: Veona | 2010/03/16

Frozen Shoulder

Hallo Dr Joe

Ons het die vrymoedigheid om na u hulp te roep met die probleem wat ek ondervind met my gewrig en my skouer. Ek probeer so kortlik moontlik vir u verduidelik van wat gebeur het.

Ek het op 27 Augustus 2009 ‘ n Tenniselmboog operasie ondergaan, dit was nog nie volkome herstel nie toe doen ek ‘ n “ frozen sholder”  op. Beide my elmboog en my skouer in terselfdertyd beseer toe ek ‘ n kas opgetel het in April 2009.

Op 3 Desember 2009 het ek ‘ n artoskopie ondergaan waar die senuwee losgemaak is sowel ‘ n manupulasie en die verkalking is verwyder. Ek moes ‘ n sling vir 2 weke dra en met dit het ek weer ‘ n frozen shoulder opgedoen.

Ek het verskeie kortozoon behandelings gehad wat nie gewerk het nie. Ek is in pyn dag en nag.

Op 2 Februarie moes ek weer ‘ n manupulasie ondergaan en tot nou toe is daar geen verandering in die pyn nie. My arm is heelwat losser maar elke beweging is pynlik.

Ek het weer in die begin van Maart gegaan vir ‘ n sonar maar die dokter kon geen ontsteking opspoor op die boonste gedeelte van my skouer nie en hy sê  my spiere lyk mooi. Hy kon nie na die kapsel kyk nie wat dit is nie moontlik met ‘ n sonar nie. Dokter sê  dit kan nog drie maande neem voor dit gaan beter wees. Is dit normaal so?

Ek ontvang fisio terapie al vir drie maande vir my skouer, maar geen verbetering aan die pyn nie. As hulle my te veel laat oefen slaap ek nie daardie nag nie en vir die res van die week krul ek van die pyn. Ek het nou alle fisio gestaak maar doen self strekoefening om te sorg dat hy nie weer vries nie.

Dokter ek is moedeloos, is alles wat ek deurgegaan het, normaal? Ek bedoel die pyn. Die pyn is nog steeds dieselfde as toe ek die besering opgedoen het.

Dokter wat staan my nou te doen.

Ek het hierdie selfde brief na u epos adres ook gestuur...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageOrthopaedic Specialist Forum

Beste Veona,

Jy het ons ook op die webwerf van ons Instituut gekontak en ons het dan die nodige raad reeds aan jou gegee

Dr de Beer

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: anoniem | 2010/04/25

Sterkte en alle simpatie - ek sit met presies dieselfde probleem en voel net so moedeloos!

Reply to anoniem
Posted by: Orthopaedic Specialist Forum | 2010/03/18

Beste Veona,

Jy het ons ook op die webwerf van ons Instituut gekontak en ons het dan die nodige raad reeds aan jou gegee

Dr de Beer

Reply to Orthopaedic Specialist Forum

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement