advertisement
Question
Posted by: MARTIE | 2009/02/17

FRAKTUUR REGTER TIBIA

MY SEUN IS 9 JR OUD. HY HET OP 17/11/2008 SY REGTER TIBIA GEBREEK. DIT WAS ' N SKOON BREEK EN GEEN OPERASIE OF PENNE WAS NODIG NIE. HY WAS IN GIPS TOT EN MET 7/1/2009. DIE HERSTEL NA GIPS VERWYDER WAS HET MAAR STADIG GEGAAN AANGESIEN HY IN DIE 7 WEKE WAT HY GIPS GEHAD GLAD NIE OP SY VOET MAG GETRAP HET NIE. HY HET MET KRUKKE GELOOP EN DIE VOET IN DIE LIG GEHOU DIE HELE 7 WEKE. DIE BEEN HET MOOI GEHEG. DIE HUISDOKTER WAT HOM BEHANDEL HET, HET GESE DAT HY REEDS HIERDIE JAAR MAART WEER MAG BEGIN RUGBY SPEEL. ONS HET EGTER VIR NOG ' N OPINIE GEGAAN BY ' N ORTOPEED OOR DIE HEGTING VAN DIE BEEN. SY WAS TEVREDE DAT DIE BEEN BAIE MOOI GEHEG HET EN DAT HY ONMIDDELLIK MOET BEGIN OEFEN OM DIE VERSWAKTE SPIERE AAN DIE GANG TE KRY. SY IS EGTER VAN MENING DAT HY EERS VOLGENDE JAAR WEER MOET RUGBY SPEEL. ONS IS NIE SEKER WAT OM TE DOEN NIE. HY IS SPORT MAL EN DIS VIR HOM BAIE ERG OM TE DINK DAT HY HIERDIE JAAR NIE MAG RUGBY SPEEL NIE. WAT IS DIE KORREKTE TYDPERK OM TE WAG NA SO ' N FRAKTUUR VOORDAT HY WEER KAN RUGBY SPEEL? IS DIE BEEN WAT GEBREEK HET NOU VERSWAK OF STAAN DIE ANDER BEEN DIESELFDE KANS OM TE BREEK? WATTER AANVULLINGS IS DIE BESTE OM TE VERSEKER DAT SY BEENDIGTHEID BETER EN STERKER IS OMDAT HY LIEF IS OM AAN SPORT DEEL TE NEEM?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Beste Martie
Dit is 'n moeilike vraag hierdie, maar aangesien die fraktuur so mooi geheg het, hy nog groei en aktief wil wees kan julle hom nie in die huis toesluit nie. Onthou die spiere is nog maar swak, maar as dit ook reeds ten volle sterk is behoort daar seker nie 'n probeleem met die rugbyspelery te wees nie, maar 'n mens sou meer geneig wees om die ortopeed se raad te volg- bel haar en maak net seker of hy nie maar kan speel nie en indien nie, hoekom nie. Hy is darem ook nog nie op 'n ouderdom waar hulle so woes speel soos later nie of hoe?
Solank hy genoeg kalsium en ander vitamine en minerale in sy dieet inneem (+/- 800-1000mg kalsium per dag), het hy geen aanvullings nodig nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement