advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/05/22

Foute by werk

Hi
Ek is bekommerd oor my vermoe oor die algemeen om take te verrig. Ek is ' n sekretarresse vir ' n maatskappy en as gevolg van vele foute begin my werk daaronder lei. Ek het altyd my werk so akkuraat as moontlik gedoen, maar die laaste tyd maak ek foute waarvan ek nie bewus is nie. Dit is asof ek ekstra hard moet konsentreer om iets eenvoudig te doen. Ek ruil datums en name om op afspraak briewe, ek maak ' n punt daarvan om dit te double check maar na die tyd wys iemand vir my die fout uit en kan dan nie verstaan hoe dit gebeur het nie. Ek is 23 jaar oud en dit behoort nie met my gebeur nie. Kan dit dalk stres wees? Die laaste fout wat ek gemaak het, het die klient amper ' n formele klag ingesit waaroor ek bitter sleg voel. My selfvertroue is op hierdie stadium 0. Ek doen ook ' n graad in my vryetyd, dit was die laaste week en half eksamentyd. Kan dit dalk die oorsaak wees? En as dit is, hoe kan ek my " verstrooidgeid"  laat verdwyn en meer akkuraat wees sonder om myself te wantrou?

Raad asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

SO your worry is about a change in the quality of your work, both in making more mistakes than usual, and in apparently not noticing the mistakes at first ? This could well be related to stress. Are there other significant causes of stress in your life recently ? The exam could be it, maybe there's something more, as well ? Once a worry like this has begin, of course, further stress arises rom your worryin about the accuracy of your work.
C makes good sense. Relax as best you can, get more rest, and now that the exams are over, things may return to normal, and you can continue to check carefully just to be sure. And instead of panicking when you find an error, also allow yourself to feel good about how much you're still getting right

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: C | 2009/05/22

Ek dink jy het net te veel hooi op jou vurk en miskien het jy net nie genoeg rus ingekry die laaste ruk nie. Miskien moet jy net ' n gewoonte daarvan begin maak om alles wat jy doen weer na te gaan om seker te maak daar is nie foute nie. Ons almal is menslik, maar as dit aanhou, gaan jy in die moeilikheid beland. Spandeer eerder ' n bietjie meer tyd en gaan jou werk weer na.

Reply to C

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement