advertisement
Question
Posted by: Amelia | 2011/06/30

Flixonase Spray en Nasules

Goeie dag en by voorbaat dankie vir die raad.
Ek was verlede jaar by ''n ONK spesialis. Ek het poliepe in my neus en is ook baie allergies(sukkel met allergiese Rhinitus). Die Dr het vir my ''n kursus Flixonase Nasules voorgeskryf wat regtig wondere verrig het. Hy het toe vir my die neussproei ook voorgeskryf om verder te gebruik. Ek het dit bly gebruik tot so 2maande terug.(ek is maar bang om te veel medikasie op ''n langtermynbasis te gebruik)
Wel die poliepe is terug en ek versmoor letterlik as ek my mond toe maak. My neus is ook nou weer bloeierig as ek hom blaas wat ek nou ook seker omtrent 20keer ''n dag moet doen.
Kan ek weer ''n kursus van die Nasules gebruik? Wat is u gevoel oor die langdurige gebruik van sulke medikasie of watter ander voorstel kan u maak vir my permanente sinus probleem?
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Amelia

U moet onmiddellik weer by 'n ONK arts uitkom vir evaluasie en behandeling. Die gebruik van die nasules is amper dringend in die geval, en onthou net dat poliepe BEHEER kan word, en altyd weer sal terugkeer as u nie konstant die neussproei gebruik nie.
Bespreek dit met jou ONK.
Die neussproeie is heeltemal veilig op die langtermyn, dit is topikale steroiede, en doen geen skade aan die slymvlies op die lange duur nie.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement