advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011/12/06

Fitness Doc antwoord nie

Hallo dokter

Ek hoop dit gaan goed. My vraag moet eintlik deur Fitness Doc geantwoord word, maar hy is nie so gereeld op sy page soos dokter nie, dus, my vraag.

As mens nie gewig verloor met oefeninge nie, maar wel cm, verminder mens se " body fat %"  dan nogsteeds asook jou BMI?

Ek sal vir dokter hopelik goeie nuus voor die fees tyd kan los na my volgende weeg en meting. Maar indien die tyd ons in haal, Geseë nde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar.

Liefde &  groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Wanneer mens se mate in cm afneem a.g.v. oefening en/of dieet, dan sal jou liggaamsvet% definitief ook verminder. Jou BMI kan egter stilstaan aangesien mens jou gewig uitgedruk in kg gebruik om dit te bereken. As jou gewig in kg nie verander nie, dan sal die berekende BMI steeds dieselfde bly, MAAR jy het tog die aanduiding van die kwynende cm, dat jou liggaam minder vet bevat. Een van die dinge wat kan bydra tot hierdie agterste voorom situasie is dat mens neig om spiere te bou wanneer jy oefen en spierweefsel weeg meer as vetweefsel (ironies nê?). Wees dus asb nie nou weer terneergedruk as jou BMI nie verander nie, maar jy wel etlike cm verloor. Onthou van die stres en die kortisol wat jou liggaam dan maak wat tot waterretensie lei en jou swaarder kan laat weeg. Ek weet jy gaan vir my baie goeie nuus gee volgende week en jy gaan mooi kyk na wat jy eet en aktief bly oor die Feesgety.
Dankie nou al vir jou mooi wense.
Ek wens jou ook 'n baie geseënde Kersfees en 'n wonderlike en slanke 2012.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/12/06

Beste Helena
Wanneer mens se mate in cm afneem a.g.v. oefening en/of dieet, dan sal jou liggaamsvet% definitief ook verminder. Jou BMI kan egter stilstaan aangesien mens jou gewig uitgedruk in kg gebruik om dit te bereken. As jou gewig in kg nie verander nie, dan sal die berekende BMI steeds dieselfde bly, MAAR jy het tog die aanduiding van die kwynende cm, dat jou liggaam minder vet bevat. Een van die dinge wat kan bydra tot hierdie agterste voorom situasie is dat mens neig om spiere te bou wanneer jy oefen en spierweefsel weeg meer as vetweefsel (ironies nê?). Wees dus asb nie nou weer terneergedruk as jou BMI nie verander nie, maar jy wel etlike cm verloor. Onthou van die stres en die kortisol wat jou liggaam dan maak wat tot waterretensie lei en jou swaarder kan laat weeg. Ek weet jy gaan vir my baie goeie nuus gee volgende week en jy gaan mooi kyk na wat jy eet en aktief bly oor die Feesgety.
Dankie nou al vir jou mooi wense.
Ek wens jou ook 'n baie geseënde Kersfees en 'n wonderlike en slanke 2012.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.