advertisement
Question
Posted by: M | 2012-05-31

Fit for life

Hi, my vriendin is nou huidig op die fit for life dieet, wat dit behels is die volgende: in die oggend net vrugte tot 12uur want na 12 maak dit vet, dan in die middag eet sy 5 provitas met tamatie of komkommer, of mens kan broodtjie eet of slaai en in die aand eet sy wat sy wil..ek wil net weet is dit ''n gesonde dieet om te volg? ek het dit probeer maar as ek in die oggend net vrugte eet dan peusel ek baie deur die dag want die vrugte maak my nie vol in die oggend nie..maar is so dieet gesond?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste M
Ek beskou nie die dieet wat jy vir my beskryf het, as gesond of basies gebalanseerd nie. Die idee dat mens nie na 12 uur vrugte kan of mag eet, het geen wetenskaplike basis nie. Alle kosse het die potensiaal om mens vet te maak, maar nie saak watter tyd van die dag dit geëet word nie, indien mens Te Veel daarvan eet en te veel energie inneem. Mens kan dus met veiligheid vrugte op enige tyd van die dag eet, maar soos met alle kosse moet mens dit nie oordoen nie, al is vrugte baie gesond. Die voorgestelde middagete is ook gans te laag in energie om mens aan die gang te hou en lae bloedsuiker te verhoed, veral in die middag rondom 16:00 wanneer baie mense hipoglisemies word. My raad is dus om liewer 'n gebalanseerde dieet te gebruik vir verslanking soos op hierdie Webwerf aangedui word. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet'.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement