advertisement
Question
Posted by: Clarissa | 2011-09-21

FINALE POGING OM GEWIG TE VERLOOR

Beste dr
Ek is 45 en het die afgelope paar jaar heelwat gewig opgetel. Ek is desperaat om dit te verloor. Ek glo ek sal die ekstra gewig vinnig afskud as ek net by ''n gesonde eetplan kan hou maar ek dink my probleem is dieper as net ''n dieet volg. Dis of ek obsessief is oor kos. Ek is definitief ''n kompulsiewe eter en sal vir ''n dag reg eet en die as ek my weer kon kry eet ek als wat voorkom.

Daarom dink ek dat ek meer nodig het as net ''n gesonde eetplan. Kan u miskien iemand in Kaapstad aanbeveel wat ook die emosionele sy van dieet kan help hanteer. Ek het al gehoor van hipnose as hulpmiddel ens. Ek wil graag by iemand uitkom wat die hele gewigsverlies-proses holisties hanteer.

Baie dankie

C

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Clarissa
In gevalle waar 'n persoon 'n obsessie met kos en eet het, is dit belangrik om eers die onderliggende sielkundige probleem aan te spreek. Ek sal dus aanbeveel dat jy eerstens 'n kliniese sielkundige spreek. Vra jou huisarts om jou na 'n kliniese sielkundige te verwys. Wanneer die kliniese sielkundige jou gehelp het om te bepaal wat jou dryf om gedurig te eet en julle met terapie die probleem onder beheer het, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in Kaapstad te vind. Die dieetkundige sal dan vir jou 'n individuele verslankingsdieet voorskryf en ook vir jou bystaan om dit toe te pas. Indien jy aan 'n eetversteuring ly, kan jy ook aanklop by die "Kenilworth Clinic" (021) 797-1400, wat 'n holistiese benadering tot sulke versteurings toepas.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-09-22

Beste Clarissa
In gevalle waar 'n persoon 'n obsessie met kos en eet het, is dit belangrik om eers die onderliggende sielkundige probleem aan te spreek. Ek sal dus aanbeveel dat jy eerstens 'n kliniese sielkundige spreek. Vra jou huisarts om jou na 'n kliniese sielkundige te verwys. Wanneer die kliniese sielkundige jou gehelp het om te bepaal wat jou dryf om gedurig te eet en julle met terapie die probleem onder beheer het, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in Kaapstad te vind. Die dieetkundige sal dan vir jou 'n individuele verslankingsdieet voorskryf en ook vir jou bystaan om dit toe te pas. Indien jy aan 'n eetversteuring ly, kan jy ook aanklop by die "Kenilworth Clinic" (021) 797-1400, wat 'n holistiese benadering tot sulke versteurings toepas.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement