advertisement
Question
Posted by: Micka | 2008-11-25

Fiets vs Treadmill

Hello doc welkom terug!

Ek 23, het nie tyd om gym toe te gaan nie en het besluit om vir my ' n oefen masjien te koop. Maar ek weet nie watter een nie. Ek wil he die masjien moet my regtig help om gewig te verloor want ek het 30kg om te verloor. Is die oefenfiets of ' n treadmill die beste? My plan is om 15 min te oefen en dan 15 min tou te spring. Is daar enige ander oefen masjien wat doc kan aanbeveel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Micka
Dankie vir die woorde van verwelkoming. Albei die oefenmasjiene wat jy noem, is uitstekend en gaan vir jou aërobies laat oefen. Ek dink miskien die fiets gaan beter wees omdat dit minder stres op jou gewrigte gaan plaas veral aan die begin as jy nog oorgewig is. Begin stadig en versigtig (ook met die touspring) en soos jy gewig verloor en fikser word, kan jy langer en meer intensief oefen.
Gaan vir die fiets!
Sterkte met jou nuwe regimen
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Gogga | 2008-11-25

As ek kan inchip... ek was in dieselfde posisie...

Ordentlike treadmill is baie duur, en as hy breek is dit ' n groot ding om te vervoer. Recumbent bike is die gemaklikste manier van oefen vir die rug en agterstewe, maar hulle is ook redelik duur tensy jy tweedehands kan kry. Ek het ' n " Airdyne"  fiets wat gemaklik is, low-tech sonder elektroniese goete, en baie heavy duty, dit sal lank hou. Dit oefen bene en arms gelyk. Ek kan dit regtig aanbeveel. Tweedehandses (ex-gym) is beskikbaar in SA. Goedkoop fietse (van Game, byvoorbeeld) sal dalk nie hou as jy 30 kg oorgewig is nie.

Reply to Gogga

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement