advertisement
Question
Posted by: Bronwen | 2010-11-17

Fibromyalgia

Graag wil ek weet wat is Fibromyalgia (yuppie griep) en wat doen dit aan jou liggaam? Ek het al vir die afgelope 3 jaar ongemak/pyn/styfheid in my hande, voete, nek en rug. Dit is in die oggende die ergste. My voete en hande is so seer en styf en dit gaan nie weg nie. Die gp het my al verwys na ''n Rheumatoloog, maar geen toetse kon wys dat ek soort van artritis het nie. Ek het ook baie suur waarvoor ek Alkaliese poeier neem. Soms voel dit of ek verligting kry, maar sodra ek ophou om dit te drink dan is die ongemak en alles daarmee saam weer terug. Ek neem elke dag 2 natralex vir my konstipasie. As ek dit nie neem nie, dan word ek hardlywig. Ek verstaan dat ''n tekort aan magnesium ook die oorsaak kan wees van " diaree"  (wat ek basies kry van die natralex) en dan ook gewrigspyne veroorsaak. Is daar enige behandeling vir hierdie soort " toestand"  of is dit nie wat ek dink dit is nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bronwen
Fibromialgie is 'n inflammasie van spiere meestal en die diagnose word gemaak deur 'n rheumatoloog deur al die ander moontlike oorsake uit te skakel, soos outo immune siektes ens want mens kan nie vir fibromialgie toets nie. Dit gee egter nie seer en stywe gewrigte nie. Het die rheumatoloog jou nie iets gegee om te gebruik nie - jy kan sero-negatiewe arthritis hê? Jy kan jou elektroliete laat toets (UKE en Magnesium en Kalsium) want 'n wanbalans kan jou hardlywigheid gee.
Mens moet die probleem reg diagnoseer om te weet wat regtig goed gaan werk as behandeling.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-11-17

Hallo Bronwen
Fibromialgie is 'n inflammasie van spiere meestal en die diagnose word gemaak deur 'n rheumatoloog deur al die ander moontlike oorsake uit te skakel, soos outo immune siektes ens want mens kan nie vir fibromialgie toets nie. Dit gee egter nie seer en stywe gewrigte nie. Het die rheumatoloog jou nie iets gegee om te gebruik nie - jy kan sero-negatiewe arthritis hê? Jy kan jou elektroliete laat toets (UKE en Magnesium en Kalsium) want 'n wanbalans kan jou hardlywigheid gee.
Mens moet die probleem reg diagnoseer om te weet wat regtig goed gaan werk as behandeling.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement