advertisement
Question
Posted by: miekie | 2010/07/30

Fibromialgie en artesklerose

Dagsê  dr.
Baie dankie vir terugvoer. Waarom word aromaterapie en massering nie vir hartpasië nte aanbeveel nie? Dit sal beslis tot nut wees vir my fibromialgie. Ek het onlangs slegte verkoue gehad en kon ook nie meds. drink nie. Watter pynmeds. kan ek oor die toonbank koop of moet ek liefs ''n voorskrif kry. Is anti-inflammatoriese meds. ook verbode? Waar is die naaste pynkliniek aan die wesrand en moet ek verwys word?
Baie dankie byvoorbaat

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Miekie

Die nie-steroied anti-inflammatoriese middels, bv. Panado en Ibuprofen is nie gekontra-indikeerd vir hart pasiente nie en is oor die toonbank verkrygbaar. Afhangende van watter medikasie jy gebruik, kan aspirien wel gekontra-indikeerd wees.

Massering is nie gekontra-indikeerd vir hart pasiente nie, maar wel aromaterapie, afhangende van die tipe aromatiese produkte wat gebruik word. Gaan liewer vir massering sonder aromaterapie.

Kontak jou naaste hospitaal oor inligting oor 'n pynkliniek in jou area.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement