advertisement
Question
Posted by: Marnelle | 2010/10/13

Fibromialgie

My dogter is in 2006 op 13-jarige ouderdom met Primere Raynauld Sindroom gediagnoseder. Synap Forte is vir haar voorgeskryf vir erge pyn. Nou, in 2010 op 17-jarige ouderdom is sy met Fibromialgie gediagnoseer en met al die toetse wat gedoen is, is vasgesel dat sy ook die geen van Ankoliserende Spondilitis dra, sy het dit egter nie. Ek wil graag weet of die Raynauld Sindroom dalk ''n voorganger van Fibromialgie is en of sy nou Sekondere Raynauld Sindroom het. Is daar ''n moontlikheid dat die Fibromialgie ''n voorganger van Ankoliserende Spondilitis is? Vir die Fibromialgie is daar vir haar CynGem 60mg (het begin met 30mg) voorgeskryf en Synap Forte vir die pyn. Die Synap Forte maak haar nou, vandat sy die CynGem gebruik baie deurmekaar en baie emosioneel en wanneer sy nou erge pyn ervaar drink sy Myprodols daarvoor. Haar cholestrol medikasie (haar pa en oupa het cholestrol) is ook verander vandat sy met Fibromialgie gediagnoseer is. Sy was op Simvistatin 10mg en is nou op Crestor 5 mg. Ek wil graag weet of daar enige iets anders is wat ons vir haar kan doen om haar te help. Iemand het BioSil voorgestel. Is daar ''n moontlikheid dat sy Fibromialgie sal ontgroei?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marnelle
Daar is 'n verband tussen Fibromialgie en Raynaud sindroom. Maar die een veroorsaak nie die ander nie. Fibromialgie is ook nie 'n voorganger van Ankiloserende spondilitis nie. Sien sy 'n rheumatoloog vir haar fibromialgie? Biosil is nie deur die FDA goedgekeur vir behandeling vir Fibromialgie nie en is net geregistreer as 'n aanvulling.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/10/13

Hallo Marnelle
Daar is 'n verband tussen Fibromialgie en Raynaud sindroom. Maar die een veroorsaak nie die ander nie. Fibromialgie is ook nie 'n voorganger van Ankiloserende spondilitis nie. Sien sy 'n rheumatoloog vir haar fibromialgie? Biosil is nie deur die FDA goedgekeur vir behandeling vir Fibromialgie nie en is net geregistreer as 'n aanvulling.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement