advertisement
Question
Posted by: Pikkie | 2008/09/02

Fibromialgie

Liewe Dr Bets,jy is seker al so moeg vir die onderwerp net so moeg as wat ek vir al die simptome en pyn is.Dis nou al 5jaar en daarmee saam het ek depressie.Ai Dr Bets,jy weet nie dalk van n arts wat spesialiseer in fibromialgie nie wat aan die Oos-rand woon.Ek het die afgelope 5jaar al alles probeer en is van nature baie positief,maar nou raak-raak ek alweer aan die punt van die ysberg van depressie en dis my lewe neem.Ek is geestelik en liggamlik afgetakel.Het nie meer krag om so te sukkel met my gesondheid na ek altyd n gesonde hardwerkende vrou was. AG,baie baie dankie dat u luister,ek waardeer dit so baie.mag die liewe Vader jou ryklik seen.Voorspoed vir jou en baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Pikkie

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek is jammer om te verneem van jou geestelike en emosionele struwelinge. Ek dink dit is van kardinale belang dat jy 'n sielkundige konsulteer, ten einde jou emosionele en geestelike toestand te verbeter.

Ongelukkig is ek nie bekend met enige artse in die Oos-rand nie, aangesien ek in Kaapstad woonagtig is. Ek stel dus voor dat jy jou naaste hospitaal kontak, aangesien hulle jou in die regte rigting sal kan stuur.

Dr Bets is tans met verlof en sal volgende week terug op haar pos wees.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Karen | 2008/09/03

I go for an alternative treatment called bowen. If you can' t find a practitioner, I' ve heard that reflexology helps too. It doesn' t cure it, but relieves the symptoms.

Reply to Karen

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement