advertisement
Question
Posted by: Amandri | 2009-10-07

Fibre = Hardlywigheid

Ek het nou al omtrent AL die verskillende " High Fibre Cereals"  op die mark probeer... Vanaf Oats tot All Bran. Dit wil vir my voorkom of die fibre na ' n dag of twee begin " saampak"  en dan sukkel ek geweldig baie met hardlywigheid. Ek het al Fibogell, en ' n klomp verskeie " laxatives"  probeer - tot my dokter het al vir my goed voorgeskryf - dit werk vir ' n dag of twee dan is ek terug by die begin. Ek is nie ' n voorstaander vir " laxatives"  nie omdat dit jou derm lui maak en jy dit dan altyd sal moet gebruik... Ek is glad nie oorgewig nie en oefen elke dag (30 minute) ek eet ten minste 2 vrugte per dag en drink ' n minumum van 2L water en geen gas koeldrankie nie. Wat kan fout wees? Is dit iets wat ek kon ge-erf het van my ma? Wat kan ek doen om dit te verbeter?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Amandri
Ek sal voorstel dat jy wel jou veselinname hoog hou deur van hoë-vesel-ontbytgrane te gebruik soos All Bran (hawermout bevat nie water-onoplosbare vesel wat jou dermkanaal prikkel - dit word wel aangetref in All Bran), en dat jy elke dag vir 14 dae 'n halwe koppie gestoofde droë vrugte by die All Bran voeg. Daarbenewens moet jy asb probiotika gebruik. Koop "Bifidoflora' by 'n gesondheidswinkel of jou naaste dieetkundige. Neem die probiotika soos voorgeskryf op die houer. Dit gaan tot 'n maand neem totdat die probiotika 'n verskil gaan maak, maar die kombinasie van hoë-vesel, droë vrugte en probiotika behoort hierdie probleem op te los. Pas op dat jy nie te veel wat drink nie, 2.5 liter vloeistof (wat water kan insluit), is die aanbevole volume vir volwassenes per dag, nie meer nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement