advertisement
Question
Posted by: Lisa | 2009/01/20

Fat Free vs Low Fat Yoghurt

Middag. Ek het al 30kg verloor en het gedurende die tydperk Vetvrye Yoghurt geeet (omdat dit so op my lys voorgekom het). Vandag het ' n oorgewig persoon en ek half ' n debat gehad oor Low Fat en Fat Free en het sy gese dat jy kan netsowel LF eet ipv FF omdat FF sweetened is. Nou ek het gaan opweeg en die Kilojules in Laevet per 100ml is 410kj en die vet is 2.0, en dan in Fat Free is dit 245kj en 0.2g vet (dit is beide vir Clover produkte, die een is Vitalinea en die ander is Nutriday).

Nou wil ek weet. Watter produk is beter om te eet as jy langtermyn yoghurt eet (elke dag). Of kan mens net sowel maar Lae vet yoghurt eet (mors mens jou geld met Fat Free)?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lisa
Eerstens BAIE GELUK met die verlies van daardie 30 kg - jy is 'n skitterende ***ster***. Met so 'n prestasie moet jy weet dat jy dinge reg doen. Jy is korrek dat die vetvrye jogurt met die 245 kJ en 0,2g vet per 100 ml baie minder energie en 10 keer minder vet bevat as die lae-vet jogurt. Met elke 100 ml van die vetvrye jogurt spaar jy 165 kJ en vermy jy 1.8 g vet - dus 'n beter opsie en nie 'n mors van geld nie.
Hou so aan met jou gewigsverlies - dis uitstekend!
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement