advertisement
Question
Posted by: KAREN | 2009-05-31

FAT BURNERS

HI, EK WIL NET GRAAG WEET OF FAT BURNERS WERK EN HELP WANNEER JY PROBEER GEWIG VERLOOR. EK NEEM GEEN ANDER DIEET PILLE OF IETS NIE, PROBEER NET MINDER EN GESONDER EET EN OEFEN ELKE DAG. SAL FAT BURNERS MY HELP OM VINNIGER GEWIG TE VERLOOR? IS DIT VEILIG OM TE GEBRUIK EN WATTER MAAK SAL DIE BESTE WEES OM TE GEBRUIK? DANKIE

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karen
Die meeste sg. "Fat Burners" is nie die moeite werd nie. Die bestanddele daarvan is meestal nie wetenskaplik bewese middels nie. Die twee dinge wat wel die menslike metabolisme aanspoor om gewig te verloor, is tiroïedhormoon en aërobiese oefening. Aangesien mens nie tiroïedhormoon kan gebruik as daar nie fout is met jou skildklier nie (dit kan uiters gevaarlik wees om met hierdie sensitiewe hormoonsisteem te lol), bly daar aërobiese oefening oor. Enige oefening soos vinnig stap, hardloop, fietsry, swem, touspring, moderne dans, roei, ens, wat vir ten minste 30 minute per dag beoefen word (liefs 60 min per dag), sal wel jou metabolisme prikkel om gewig te verloor. Ek sal dus aanraai dat jy nie 'Fat Burners' gebruik nie, maar liewer konsentreer op jou oefening en 'n gesonde, lae-vet dieet.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement