advertisement
Question
Posted by: worsie | 2008/11/03

Faktore wat GI waardes beinvloed?

Hoe beinvloed ouderdom,geslag, ens. die GI waardes van voedsel? Ek glo (verbeel my?) dat ek myself nie meer kan uithonger soos in my jong dae nie? Ek ondervind ook dat ek nie meer ' n strawwe oefensessie op ' n leë  maag kan aandurf nie? Gewoonlik het die oefening my aptyd onderdruk, dit gebeur nie meer nie. Wat gaan aan of speel my kop met my speletjies?

Baie dankie vir die goeie raad en artikels.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Worsie
Dankie vir jou mooi woorde - ek waardeer dit! Die GI waardes het betrekking op hoe 'n sekere soort kos jou bloedsuiker- en insulienvlakke beïnvloed. Byvoorbeeld, rogbrood het 'n lae-GI en sal dit jou langer versadig laat voel, terwyl wit-, bruin- en volkoringbrood almal 'n hoë-GI het en dus jou bloedsuikervlakke vinniger sal styg en dan ook weer vinniger sal laat daal. Soos mens ouer word, is dit heel moontlik dat jy meer sensitief word vir die GI-waardes van kosse omdat die insulienreseptore in die liggaam nie meer so goed werk nie. Dit is hoekom jy nie vir lang tye kan vas nie en hoekom oefening alleen nie jou honger kan stil nie. As jy 'n lae-vet, lae-GI-dieet begin volg, sal jy sien dat jy nie hierdie suikerlaagtes belewe nie en dat jy ook beter sal kan oefen. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI. Probeer dit gerus.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement