advertisement
Question
Posted by: Beth | 2009/10/06

Exforge

Is op Exforge (5mg) vir hipertensie. Nou het ek oorpyn, so erg dat ek antibiotika moes kry, oordrom nie dof nie, kannie sluk nie, geswel aan die seer kant. Het nie mangels nie.
Sien dat een van die newe effekte van Exforge oorpyn kan wees.
Kan dit die seer veroorsaak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Beth
Oorpyn kan van twee oorsake wees - of binne oor ontsteking ( mens sien gewoonlik 'n rooi of bultende oordrom - gewoonlik gepaard of net na 'n verkoue of swem in warm water) of agv verwysde pyn ( goed in die keel en neus gebied soos tumore of infeksie, of inflammasie van die TM gewrig - dis die gewriggie tussen jou kakebeen en jou skedel wat net voor die oor sit en sal seer wees as jy daarop druk of jou mond oopmaak) Die probleem met gelysde newe effekte is dat enige simptoom wat pasiente tydens kliniese studies met die middel kry gelys moet word - en meeste mense kry maar een of ander tyd oorpyn/bolugweg infeksie in 'n jaar! Oorpyn was in elk geval by onder 1% van pasiente gerapporteer so is nie 'n algemene newe effek van Exforge nie.
Wat is geswel, en hoekom kan jy nie sluk nie, het jy keelseer ook?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement